‘n Klap op die snoet.

April 28, 2012 in Sonder kategorie

“Katties, die lewe gaan julle nog baie op die snoet klap.” Tannie Poppie, my Afrikaanse onderwyseres van baie jare gelede se gereelde waarskuwing aan die voortvarende jeug in haar klas. Mev du Plessis, soos sy amptelik bekend gestaan het, se manier om ons te waarsku dat die lewe ons nog baie lesse gaan leer.

Vanoggend, soos so baie keer van te vore, het haar woorde waar geword.

Moerig vir my lewe en die mense daarin, stop ek in ons huis se oprit. Sien die man wat die boom op my sypaadjie verniel. Van moerig na woedend in ‘n oogwink. Ek werk hard aan my tuin, ook op my sypaadjie.

Gereed vir geweld, miskien om my eie frustrasies uit te woed, konfronteer ek hom.

Hy praat goeie Engels en is van Zimbabwe. Want hy is honger, en hy is, maak sy vuis waarin die paar verdroogte witstinkhoutbessies is oop sodat ek kan sien.

Ons praat was klaar.

Woordeloos van die wildsbiltong in my motorhuis vir hom afgehaal.

Skaam vir myself.

4 antwoorde op ‘n Klap op die snoet.

  1. TS het gesê op April 28, 2012

    Dis sommer ‘n behoorlik dwarsklap… jammer…

  2. HeavyHenry het gesê op April 28, 2012

    Eina!

  3. Ja. die lewe is meesal nie wat ons dink dit is nie.

  4. Klappe hou ons op die pad……

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.