Lewe en dood

Desember 9, 2010 in Sonder kategorie

einde van nog ‘n jaar

soveel drome

wense

ideale

het ek iets vermag?

nee

dit was net voortsleep

van dag tot dag

oorlewing

soveel kenisse

en vriende dood en weg

die een dag nog hier

en dan…

toe die grootste vreugde

van 2010

‘n paar pienkvoete

kom trap klein spoortjies

deur my seer hart

lewe en dood

so nou verweef

maar die vreugde

ken geen perk

bloed van my bloed

vlees van my vlees

ouma kan net bederf

en haar al die stout leer

en liefde en nogmaals

liefde gee

mag die ongevraagde

sonskynkind

net vreugde

vergiffenis en

liefde in almal

se harte bring

Pixie

Kap in ons bos

Oktober 5, 2010 in Sonder kategorie

Skok

Verbasing

Kan nie wees

Borrelende, positiewe

Ben…

Nie meer met ons?

Droogweg laat Steph weet

Iemand kap in ons bos!

Woede

Hoe kan hy so sê?

Ontnugtering

Dit kan wel wees

Ons is al ‘n halfeeu hier

Wat verwag ons?

Om vir ewig te leef?

Mag ek ook eendag gaan soos hy

Sonder pyn of lyding

Sommer net ‘n laaste sug

En hy’s weg

Met sy geliefde vrou langs hom

Rus in vrede

Jou plekkie by ons re?nies gaan leeg wees

Maar jy sal altyd in ons harte bly!

Positiewe, borrelende, BLOU BUL Bennie!

Pixie

Galbitter

Julie 27, 2010 in Sonder kategorie

ek braak gal

dit bars oop soos ‘n ryp rooi granaat

en stort sy seer oor my moeë siel

ek vra nie meer hoekom

daar is nie antwoorde nie

wanneer is genoeg genoeg?

ek het jou afgebid

swaar in die lewe gebring

vir ‘n jaar geveg vir jou oorlewing

gebid

gebid

en nog gebid

my enigste bruinoog meisiekind

vriendin

vertroueling

geesgenoot

en nou….

stank vir dank

as ek net kon verstaan

Pixie

Nog hier

Julie 20, 2010 in Sonder kategorie

Hi al die bloggers – ek is darem nie heeltemal landuit nie al dink ‘n klomp van julle so.

Daar het heelwat in my lewe gebeur die afgelope twee maande en ek kry net nie tyd om te kom inloer nie.

Kort na ek vir Suzi gekry het is ek weer Seychelles toe om vir my pel te gaan kuier. Was soos die vorige keer hemels en ek het goed gerus (was nodig)

Die terugkom was dol en by die werk vat ek nog steeds nie mooi grond nie……

Nou bly my jongste weer vir ses weke by my want hy het ‘n uitruilstudent van Duitsland hier so ons rits wanneer ons kan om die jong man ons land te wys.

Verder gaan dit goed of hoe sê hul “g’n nuus is goeie nuus”.

Ek sal probeer om meer gereeld in te loer.

Dankie vir die inloer Zeppie – ek oorleef nog!!

Pixie

Wildsplaas verblyf

April 8, 2010 in Sonder kategorie

Daar kon ‘n tyd in ‘n mens se lewe wat jy bereik het wat jy wou OF daar kom ‘n tyd wat jy besef jy is bedoel vir iets beters.

Wel ek dink ek het daardie tyd bereik.

Kyk ek is ‘n buitemens – quads, wild, avontuur, motorfietse, 4×4 (wat ek nou uiteindelik by my lys kon voeg), wildtuin, stap, klim, klouter – alles wat mens buite kan doen.

Ek wil nou in my huisie in die bos gaan bly, omring deur veld en wild met ‘n waterstroompie naby. My partner in crime is ‘n ambagsman en sy hande staan vir niks verkeerd nie. Hy was ook ‘n instandhoudingsbestuurder op ‘n wildsplaas vir etlike jare. Ek was bibliotekaresse, onderwyser en in beheer van ons plaaslike koerant vir die afgelope sewe jaar. Is ‘n vryskut fotograaf en skrywer en kan ook bemarking doen. Ons het albei goeie kennis van die natuur uit jare se lees en self ervaar.

As daar nou iemand daar buite is wat hulp nodig het en kan doen met ‘n couple wat bereid is om enige iets te doen solank hulle op die wildsplaas kan bly laat weet my tog. Ons kinders is groot en doen hul eie ding en daar is nog baie skop in ons twee om vir baie jare van nut te wees.

Aftree sal ons tog nie kan nie en om met mense te werk…. wel been there done that and don’t want to do it anymore!!

Pixie

  

Helooooooo Suzi!

April 6, 2010 in Sonder kategorie

So kom ons almal aan die einde van ‘n pad.

Ek moes my getroue vriendin van die afgelope ses jaar inruil vir ‘n meer wulpse, avontuurlustige vierwiel.

En SO LYK sy – al julle bloggers ontmoet vir Suzi!

Nou kan ek self gaan “bundu bashing” doen sonder om iemand in die oëte kyk vir ‘n LIFT!

Pixie

Motorhandelaars

Maart 19, 2010 in Sonder kategorie

Wat is dit met motorhandelaars dat hulle dink ons vroue is almal blond? Dis asof hulle dink hulle kan ons enige nonsens in die kop prent en ons sal dit glo. Wel ek het ‘n surprise vir hulle – ek het my huiswerk gedoen en gaan nie sommer ingee nie.

Verdomp daar is ‘n Suzuki Jimny êrens daar buite met my naam op!!!!!!!!!!!! En ek sal hom self soek as hulle te sleg is om dit te doen!!! En ‘n goeie inruil vir my rooi ou blitsie kry.

Pixie

Viervoetige kind

Desember 14, 2009 in Sonder kategorie

Vir die van julle wat gewonder het oor my viervoetige kind….

So lyk sy!!! En sy het haar eie sak wat om my lyf pas vir wanneer sy saam quad bike ry en haar naam is Roxy. ‘n Baie beter opsie as enige twee voetige kind – lojaal, lyfwag, beskermengel, slaapmaatjie, troos my as ek hartseer is, doen saam met my bundy bashing en vra nooit hoekom en waarom nie.

 

Pixie

Desember

Desember 9, 2009 in Sonder kategorie

Kan nie glo ons is alweer in Desember nie. Verlede jaar die tyd het ek uitgesien na twee weke in Seychelles! Hierdie jaar is dit egter Jan Tuisbly se karretjie vir my. Seychelles moet wag tot Mei 2010….

Die popo het die fan getref toe ek in November kennis kry dat die huis wat ek huur verkoop is en dat ons moet uit! Eish dis nie lekker nuus die tyd van die jaar nie. Maar nou-ja dis die lewe en ek sal die vakansie gebruik om my min, maar my EIE paar besittinkies in te pak en te trek na ‘n nuwe kaia. Nie so ‘n sleg idee – elke jaar is mos die begin van nuwe dinge en stadig maar seker kry ek weer al die varkies op hop en rigting in die lwee

Darem ‘n stukkie goeie nuus ok – ek is die amptelike, offisiële eienaar van my eie QUAD BIKE!!! Whopeee! So raai wat gaan ek die vakansie doen? Ek was nie verniet ‘n quad bike gids hier in ons berge vir vier jaar nie. Ek ken al die padjies en ingange na die mooiste uitkyke en plekke.  Rugsak met rooiwyn, kaas en beskuitjies, chocolates en my viervoetige kind in haar sak….berge hier kom ons!!!!!!!!!!!

Pixie

Jaar later

Oktober 14, 2009 in Sonder kategorie

Kyk ek kan nie glo dis alweer 14 Oktober nie. Die wat al ‘n rukkie op my blog kuier mag dalk onthou dat dit vandag my verjaarsdag is en dat ek verlede jaar ‘n “surprise” party gekry het met ‘n “moerse” cocktail wat ek self moes drink.

En hier is dit alweer sulke tyd met een verskil – hierdie jaar is dit die GROOT 50 en ek het aanvanklik hierdie “mental block” gehad en wou vandag net in die bed bly met die duvet oor my kop want 50 is SO oud. Toe praat ek met myself en besluit – “self, dis sommer bollie, jy is wel 50 maar dit is bloot ‘n syfer, jy lyk dit nie, voel nie so oud nie en tree ook nie soos ‘n 50 jarige op nie (nie dat ek weet hoe ek behoort op te tree nie – kan iemand dalk help?) – so wat de hel – en toe beplan ek my eie party.

So hier gaan ons – ek het sommer by voorbaat verlof ingesit vir môre want ek wil voorbereid wees vir die onvoorsiene…. hehehe

Pixie