Gym

Oktober 25, 2012 in Twakpraatjies

Gister gaan ek en Kleinboet gym toe om te gaan swem.  Ek was lanklaas daar. 

Ek weet die gym se water is verwarm in die winter, maar die ding is, ek moet my klere uittrek voordat ek daar kan inklim.  En as dit koud is dan kan my kop net nie my lyf oortuig dat die water lekker warm gaan wees nie.

Daar is swemmers in al die bane, so ons moet ‘n tydjie wag vir ‘n oop baan om in te swem.  Ek bekyk die ouens rondom my.  Daar is ‘n paar Adonisse wat daar rondhang.  ‘n Paar Adoonse ook, gelukkig.  Dan voel mens darem nie so vormloos nie.

Later kry ons ons beurt.  Inderdaad is die water lekker, soos altyd.  Swem doen hierdie ongelooflike ding aan my.  Ek gaan in hierdie wonderdroomwêreld in.  Dis nogals lastig, want dan verloor ek aanmekaar my telling van hoeveel lengtes ek al geswem het.  Soms besef ek ek het nou al vier keer “24” getel.  Dan skuif ek maar ‘n paar tellings aan en hoop dis nog akkuraat.

Na die tyd stap ons terug kar toe.  Ek het nou genoeg tyd gehad om die ouens in die gym dop te hou.  Daar is ‘n manier van stap wat blykbaar gebiedend is as deel van die hele gym uitstappie.  Ek kan maar netsowel begin oefen om dit baas te raak.

Bors uit, elmboë effens wyer uitswaai.  Ek kom heel goed reg met die uitswaai van die arms.  Toe ek jonk was het ek race walking gedoen.  Ek sukkel bietjie om my bors uit te druk.  Dit help om jou asem diep in te trek.

Dit moet werk, want ek sien die mense begin my nogals aan te kyk.

“Hoekom loop pappa so snaaks?” vra Kleinboet.

“Ek loop nie snaaks nie.”  Wat is dit met die kind.

By die motor vra Kleinboet weer:  “Hoekom is pappa so blou in die gesig?”

Ek blaas my asem uit. 

Nee, dit lyk my nie ek verg nog bietjie oefening om hierdie deel van gym baas te raak.

6 antwoorde op Gym

  1. Oulik geskryf!Ja,die manne stap so bakboud en die arms kan nie teen die sye hang nie,want die bisepse is te groot!

  2. Advice for an old guy…

    I was working out at the gym when I spotted a sweet young thing walking in…

    I asked the trainer standing next to me, “What machine should I use to impress that lady over there?”

    The trainer looked me over and said; “I would recommend the ATM in the lobby.”

  3. hie hie hie – nee wat – dis TE harde werk om so te loop en “pose”, kostelik geskryf !

  4. ook maar lekker ydel nê!

  5. smilicus het gesê op Oktober 25, 2012

    Haha, Kan jou net sien PG so bors uit, elmboe wyd en asem dipe in getrek.

    Nice stukkie skryf werk

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.