Inbraak

Oktober 14, 2012 in Sonder kategorie

“Slaap jy uit?” check ek met Ouboet voordat ek die alarm stel en die deure sluit. Hy doen. Hy het ‘n deurnag LAN saam met sy pelle.

Om 04h35 gaan die alarm af.  Dus is dit vanoggend ons beurt om statistiek te raak, dink ek toe ek uit die bed rol, en begin vroetel vir my bril in die donker.

Ek spring op en sit die buiteligte aan. Ek check op die alarm se keypad en sien die skelms het die voordeur oopgebreek. Which is fine.  Hulle word dan beperk tot daardie kant van die huis met ‘n deur tussen ons.  Die alarm laat ek aanhou raas.

Nou wik en weeg ek of ek by ‘n skuifdeur moet uitgaan dat ek van buite af kan sien wat die skelms binne doen. Of dalk moet ek net vinnig die binnedeur oopsluit, inloer en hom weer toepluk. Maar dalk is ek nie vinnig genoeg nie, dan is die skelms saam met my aan my kant van die deur.

Ek hoor die blikskottels praat aan die ander kant van die deur.

Een het die cheek om aan die deur te klop en te sê: “Maak oop!”

“Hoekom?” vra ek.

“Dis ek,” sê Ouboet.

“O, jy meen sò.”

Ouboet het toe besluit om terug te kom nadat hy klaar geLAN het. Die gepraat aan die ander kant van die deur was hy wat toe al die alarm-mense se oproep hanteer en sê daar is niks fout nie.

9 antwoorde op Inbraak

  1. TS het gesê op Oktober 14, 2012

    hehehehe… jy was sekerlik nie te gaaf met hom nie!

  2. Eish!

  3. Gelukkig is jy nie trigger happy nie.

  4. wat ‘n heerlike verligting…

  5. frandr het gesê op Oktober 14, 2012

    Sekerlik een van die min kere wat mens nie bly is dat jou kind by die huis aankom nie :0)

  6. pgjonker het gesê op Oktober 14, 2012

    Nee, ons was heel gesellig. Aangesien hy dan toe nie ‘n inbreker was nie. Hy was die vies een oor ek die deur gesluit het en hy nie die alarm kon deaktiveer nie.

  7. pgjonker het gesê op Oktober 14, 2012

    Praat jy!

  8. pbroere het gesê op Oktober 16, 2012

    Ons het een nag so insident gehad. Skote wat klap, mense wat skree. Skielik gaan die alarm af en die keypad wys skuifdeur.

    Storm uit met die piksteel reg om te moer toe is dit so dik poliesman wat net wil hoor of als reg is.

    Die skote was buurman wat die booswig oor die muur sien spring het en skiet en toe hy die rollie in sy sak sit skiet hy homself so by die bo been in en by die kuit uit.

    Dis toe die mense begin skreeu.

  9. zephur het gesê op Oktober 17, 2012

    Net gou ‘n info stukkie oor die blogs. Vandag en môre is al dae wat oor is voordat volgens hulle die groot skuif gaan plaas vind op die 19de Okt (so ons moet ‘n marathon blogsessie nou hou).

    So as jy die afgelope 6 maande nie iets geblog het nie…gaan post sommer gou iets. Of as jy van bloggers weet wat nie die afgelope tyd gepost het nie…laat hulle weet sodat hul ook op hoogte is van die blog situasie.

    Hier onder is die link na Dopper Naomi se post oor die gebeure ivm die blogs

    http://blogs.litnet.co.za/dopperjoris/baie-belangrik-gaan-jou-blog-saam-skuif-en-wat-kan-jy-verloor-16-Oct-2012

    Tot later

    Zeppie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.