Skouers skuur met bekendes

Augustus 17, 2012 in Sonder kategorie

 

Ons woon op ‘n dag ‘n geselligheid van ‘n uitgewer by. Dalk was dit ‘n book launch, ek kan nie onthou nie.

 

Dis nogals nice. Lekker goetertjies om te eet, interessante mense, mooi venue – kyk uit oor ‘n semi-meer in die skemeraand. En les bes, natuurlik, is daar ‘n paar gerekende skrywers. Heelwat meer wannabe skrywers ook.

 

Ek doen nie eintlik vreemdelinge en celebrities nie, so ek gaan soek nie eintlik ouens om mee te praat nie. Maar deur die loop van die aand kruis mens se paaie by die drinks tafel met sommige van hierdie skrywers. Dan maak jy maar praatjies. Ten minste het jy ‘n aanknopingspunt as jy al iets gelees het wat hulle geskryf het.  Die wat ek wel mee praat vind ek baie plat op die aarde mense. Gewone mense wat cool boeke skryf.

  

Ek en vroulief was saam met een van die gerekende skryfsters op skool. Sy was tóé nice, en sy is nog steeds nice. Toe die ergste gedrang rondom haar bedaar stap ons nader om te gesels.

 

Mid-sentence bars ‘n dame tussen ons deur, gryp die skryfster aan die arm en begin met ‘n: “O, ja, weet jy, ek wou jou tog vertel het……” asof hulle nou pas nog in gesprek was. Sy skaak die hele gesprek, en staan fisies tussen ons en die skryfster, met haar rug na ons toe, asof ons bloot nie daar is nie.

 

Ek was ietwat geamuseerd. Dit was nie die eerste keer die aand wat ek so iets waarneem nie.

Ons gaan soek toe maar koffie by die buitelug restaurant net langsaan.

4 antwoorde op Skouers skuur met bekendes

  1. Mense is weird!

  2. gelukkig is nie alle bewonderaars sulke opdringerige idote nie . ! .

  3. TS het gesê op Augustus 17, 2012

    Sommige vername mense hou daarvan en voel gevlei maar vir ander is dit ‘n verleentheid. Julle vriendin moes haar maar afgeskud het?

  4. CBL1979 het gesê op Augustus 17, 2012

    Mense. Ai.

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.