Riebeek Vallei

Augustus 5, 2012 in Sonder kategorie

Ons het die naweek bietjie weggebreek na die Riebeek Vallei toe. Eintlik op pad St Helenabaai toe vir ‘n ete-afspraak.  

Sowat 80km van Kaapstad af lê die twee Riebeeke. Dis hierdie vreemde ding om twee volledige dorpe 5km uit mekaar uit te hê. Elkeen natuurlik met sy eie kerk.

Eers kry jy Riebeek Kasteel, maar daar is nie ‘n kasteel nie. Blykbaar lyk die berg soos ‘n kasteel. Miskien van bo af, maar nie eintlik van onder af nie. Jan van Riebeeck en sy tjomme het op die plek afgekom, toe noem hulle dit Riebeek Kasteel. (Wie sou dit nou kon dink). In 2001 het daar 2532 mense op Riebeek Kasteel gewoon. Die dorp se grootte word aangedui as 1,4 vierkante kilometer.

Ten spyte van sy grootte bied die dorp 32 akkomodasie plekke aan en 12 eetplekke. Dit beteken 31,4 eet- of verplyfplekke per vierkante kilometer. OK, dis nie heeltemal akkuraat nie. Sommige verblyfplekke oorvleuel met eetplekke. Maar dis steeds verbrands indrukwekkend.

Riebeek-Wes is vyf kilometer verder. Hy is effens kleiner as Riebeek Kasteel. Vierhonderd vierkante meter kleiner, om presies te wees. Sy een vierkante kilometer het in 2001 sowat 2661 inwoners gehad. Wat hom natuurlik meer dig bevolk maak maak as Riebeek-Kasteel. Ek vermoed mens gaan dit nie agterkom nie. Maar Riebeek-Wes het ‘n meer beskeie 14 blyplekke en drie eetplekke. Alhoewel dit steeds ‘n skaflike 17 eet- of verblyfplekke per vierkante kilometer is, kan dit nie kers vashou by Riebeek Kasteel nie.

Rumour has it dat daar nou 24 000 mense in die twee dorpe bly, maar ek is nie so seker nie. Ek het net dertien mense gesien, waarvan nege besoekers was. OK, miskien was ek in ‘n stiller deel van die dorp en van die jaar. Mens moet dalk eerder probeer met van die jaarlikse feeste, waarvan daar nogals ‘n paar is.

Oktober               – Shiraz & Arts Weekend

Desember           – Kloovenburg Summer Market Day

Maart                    – Mediterranean Fest

April                       – Portuguese Festival

May                       – Olive Festival

July                        – Berg rivier marathon en die Riebeek Berg Marathon

Maar gegewe die verwagte luidrugtigheid wat die noodwendige gevolg moet wees van 31,4 kuier- en blyplekke per vierkante kilometer op Riebeek-Kasteel het ons toe gemik vir Andrea Townsend se Church Hills gastehuis in Riebeek-Wes. http://www.riebeekvalley.net/

Die plek is pragtig en lekker luuks. Synde min of meer middel van die winter was die plek uiteraard nie tjok en blok vol nie, wat nogals nice was, gegewe veral ons behoefte aan rustigheid.

Ons het liewer nie van die swembad gebruik gemaak nie.  Dis winter, verstaan.

  

Stil, baie stil.  Ek dink dis nou selfs nog stiller noudat die naweek verby is.

Teen laatmiddag gaan ons vir ‘n stappie deur die dorp om te verken.

Interessante ou geboue en name van plekke.

Die dorp is nogals, wel, stil, jy verstaan.

O ja, die kerk.

Ek is nou net bietjie onseker watter kant toe Do-Do is.  Ek het in elk geval gedog hulle het uitgesterf.

Vroegaand gaan soek ons ‘n eetplek. Ons mik vir downtown Riebeek-Kasteel. Dié is self nie onnodig besig nie. Dis nou nie asof jy net agter die geraas aan kan ry om ‘n kuierplek te kry nie.

Sonder ‘n kaart moes ons bietjie rondsoek (I kid you not), maar ons eindig toe by die Kasteelberg Country Inn & Bistro. http://www.kasteelberg.com/

[Nota:  dit was al donker toe ons daar kom – hierdie foto kom van die Bistro se website af]

Twee kaggels hou die koue op ‘n afstand. Franse musiek speel in die agtergrond, en ons geniet lekker steaks.

Sondagoggend is mistig en reënerig.

Ná ‘n lekker ontbyt in die knus eetsaal kies ons koers St Helenabaai toe.

Die reënweer maak foto’s neem bietjie moeilik.

Op St Helenabaai ontmoet ons familie vir, wel, nog ‘n ete. Weer by ‘n Bistro. Ek het nou op Wikipedia gaan kyk wat ‘n Bistro is. Dis ‘n klein restaurant wat “moderately priced simple meals” bedien in ‘n “modest setting.”

Ek dink Bistro’s is my ding.

Daniel se The Swiss Deli & Bistro bedien uitstekende kos.

Die restaurant is op Sandy point geleë in wat jare gelede een van die ou plaashuise op die plaas Sandy Point gewees het.

Dit kyk uit oor die see.

Nou ja, soos my Engelse juffrou my geleer het om ‘n opstel oor ‘n piekniek af te sluit: “A good time was had by all.”

10 antwoorde op Riebeek Vallei

  1. Carol460 het gesê op Augustus 5, 2012

    Sjoe, dis pragtige wêreld! My swaer het op Moorreesburg grootgeword.

  2. Wat ‘n lekker wegbreek na die mooie weskus!

  3. frikve het gesê op Augustus 5, 2012

    Baie dankie vir hierdie mooi blog! Jy het so pas ‘n reisvoorneme hier in my huis laat posvat.

  4. TS het gesê op Augustus 6, 2012

    klink en lyk te lekker

  5. jjanajj het gesê op Augustus 6, 2012

    whaaaa! ek love hierdie inskrywing!!

    “A good time was had by all” – jy het my dag gemaak hiermee, happiness overdose!

  6. Nice!

  7. Baie heimweë in hierdie foto’s vir my. “Once you have Africa in your blood, it is always there”. Na ‘n 16 ure nagmerrie-reis (storms. Hmph) terug van NYC ‘n week gelede is ek you bietjie uitgereis tot die volgende brander van wanderlust my siel beetkry. Dit gebeur gereeld, so ek weet om dit te verwag. lol. Dit is heerlik warm hier vir ‘n verandering en die kinders is terug van wittebrood af.
    Ek is mal oor dié boutique akkommodasies in die wynland. Dis groot hier, ook. Is oppad Okanagan toe vir ‘n week, later die maand. Huis op die meer met die “water-hond” (duik klippe die grootte van har kop uit die meer uit:)) in haar element. En o ja, ‘n nuwe klein golden retriever later hierdie maand. Maggie is eensaam. Die waarheid is, mamma is nou weer lus vir popspeel. lol
    a

  8. DIS BAIE MOOI PLEKKE OP DIE FOTOS!!

  9. Ai onse mooi Kaap! Ons gaan more ‘n draai maak daar maar ons soek ‘n eetplek met ‘n view vir brekfis. Enige voorstelle? Ek weet as jy diedorp in kom is daar ‘n plekkie waar jy buite kan sit maar soe vroeg weeg ek nie dis teen die berg

Los ’n antwoord vir frikve. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.