Jy blaai in die argief vir 2012 Junie.

Vadersdag

Junie 17, 2012 in Sonder kategorie

Ek word op Vadersdag wakker en word begroet deur hierdie vrolike merrim. 

Ja-nee, mens kan sommer sien sy’t vanoggend ‘n huppel in haar sit.

Kleinboet:

Vroulief:

Al die tradisionele sjokolades wat sy haar hande op kon lê.  How cool is that, huh?

Sussie:

Mens kan immers nie van sjokolade alleen leef nie.

Ouboet: 

Reality check.  Tek studie uitgawes om goed te maak.

London Town Pub – ou herinneringe

Junie 1, 2012 in Sonder kategorie

Een aand in my eerstejaar was ek die designated driver vir ‘n uitstappie na die London Town Pub in Seepunt.

 

Die toegewysde voertuig was ‘n splinternuwe Golf Gti.  Dit was dus een groot plesier om die ry-werk te doen. 

 

Dit was nóg ‘n langer aand as die uitstappie Pig & Whistle en Forrester Arms toe. Ek kan onthou ek het later op die sypaadjie gaan sit ek wag vir die ouens. Ek is toe al vaaken moeg. En vaak ook.

 

Joe Parker was die kunstenaar. Een van sy songs was “Fog on the Thyme”. Met dié dat ek nie eintlik goed kan hoor nie en ook nie Engels verstaan het nie, het ek gedog hy was half ongeleerd gewees met dié song. Maar ek weet nou van beter.

 

Uiteindelik vertrek ons terug Stellenbosch toe.

 

Ek weet in watter basiese rigting Stellenbosch is, maar het geen idee hoe die strate loop nie. Ek is dus afhanklik van instruksies. Instruksies op daardie stadium was, wel, minder as betroubaar sou ek sê. Die ander ouens was mos nou ook al vaak en moeg gewees.

 

As gevolg van onvoldoende instruksies is ek by geleentheid genoodsaak om bietjie van ‘n nood-maneuver te doen. Kan nie onthou of dit ‘n skerp draai of ‘n pletterstop was nie. Die volgende oomblik hoor ek glas breek, en die man wat reg agter my sit raas gesteurd met my. Sy splinternuwe glas wat hy nou net gesteel het in die London Town Pub is nou stukkend.  

 

Ek sê dis nie my skuld nie. Ons het ‘n verskil van opinie.

 

Later is ons darem nou op die N1 uitgaande. Dis stil in die motor.

 

“Ek is naar,” meen een.

 

“Jy gooi nie in my kar op nie.”

 

“Ek is nou baie naar.”

 

“Ons kan nie hiér stop nie, as jy in my kar opgooi…..”

 

“Ek gaan nou kots.”

 

“Moet ek stop?”

 

“Nee, maak oop die venster.”

 

“OK.   Waar’s die handle, ek is nou **** naar.”

 

Iemand help. Dis koud in die motor. Dis winter oggendlug wat nou deur die oop venster kom.

 

Iemand braak by die oop venster uit.

 

Later stilte, buiten vir die wind gesuis.

 

“Maak toe die venster man, dis koud!”

 

Die windgesuis raak stil.

 

“Maak oop die venster man, dit stink!”

 

Meningsverskil oor of die venster oop of toe moet wees.

 

“Ek is weer naar.”

 

Argument gewen, venster weer oop.