Ai, die kinders tog.

April 24, 2012 in Sonder kategorie

Ai, wanneer hou mens op met worrie oor jou kinders?

 

Ouboet studeer aan ‘n tersiêre instelling. Hy het min of meer ‘n jaar-en-‘n half laas ‘n goeie haarsny gehad. Dit laat hom heel goed inpas by sy omgewing, tesame met die kleredrag wat hy daar dra.

 

Maar nou het ouboet bietjie weird geraak op sy kleredrag.

 

Hy is nou vir die tweede agtereenvolgende oggend weg klas toe met toe skoene, ‘n netjiese langroek, ‘n boordjie-hemp.

 

Vanoggend het hy dit ‘n stappie verder gevat: hy het ook ‘n donker blazer aangetrek en sy hare netjies in ‘n poniestert gebind. Behalwe vir die hare lyk hy nou amper soos wat ek lyk as ek werk toe gaan. Hy wou nie dat ons sy koors neem nie.

 

Sug. Ek is bang sy vriende stuur hom in ‘n straight jacket huis toe.

6 antwoorde op Ai, die kinders tog.

  1. Neffertiti het gesê op April 24, 2012

    Nee wat, hy vat jou voorbeeld.

  2. pienkvolla het gesê op April 24, 2012

    Dalk maar net ‘n fase wat verbygegaan het?

    Dalk ‘n girl?

  3. TS het gesê op April 24, 2012

    Aardjie na sy vaartjie

  4. HeavyHenry het gesê op April 24, 2012

    Daar’s ‘n meisie…

  5. avega het gesê op April 24, 2012

    Wat verliefdheid nie aan ‘n ou kan doen nie 🙂

  6. lora2me het gesê op April 24, 2012

    Hy het ‘n meisie soos Henry tereg sê. My kind se hare word net gesny as hy vakansies huis toe kom en dis gewoonlik so tweekeer ‘n jaar. Toe hy ‘n gapingsjaar gehad het, het hy sommer net ‘n poniestert gedra of … hou vas aan jou stoel … ‘n alice band gedra toe hy in ‘n hotel gewerk het! Be thankful for small mercies.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.