My cool juffrou

Maart 11, 2012 in Sonder kategorie

Die kinders-optel-na-skool rondte kan nogal ‘n naelbyter wees.

Sommige ouers moet hulle haas van die een skool na die ander om nóg ‘n kind of wat te gaan oplaai. Ander moet terug werk toe. Ander is sommer net sat en haastig huis toe.

Dus is daar min liefde verlore tussen padgebruikers op daardie tyd van die dag. Ek het self nou al agtergekom die manier om uit ‘n parkeerplek terug in die pad te kom is om die motor se neus so effens vorentoe te druk dat die aankomende voertuig dink jy gaan in hom vasry. Saam met die middelvinger stop hulle darem dan in elk geval, en dan het jy die gaping wat jy nodig het om ook weer in die verkeer in te kom.

Hierdie is normaalweg vroulief se rondte om te doen. Eers moet sy ontsnap by die skool waar sy self betrokke is, dan na een skool en vandaar na nog ‘n skool om die rondte te voltooi.  Dus het sy die slegste van 3 wêrelde om te trotseer.  Need I say more.

So kom een van haar kindertjies opgewonde by haar die anderdag: “Juffrou, Juffrou, ons het vir Juffrou gesien!”

“O so. Waar het julle my gesien?”

“In juffrou se kar voor die skool. My ma het juffrou ook gesien.” Die outjie is baie opgewonde dat sy ma óók vir juffrou gesien het. Hoe cool is dít nou.

“O.”

“Juffrou, my ma sê juffrou ry soos ‘n maniak.”

“O.”

“Wat is ‘n maniak, juffrou?”

14 antwoorde op My cool juffrou

  1. loudavisi het gesê op Maart 11, 2012

    Bwhahahaha

    Uit die mond van die suigeling, MOS!

    Jy beter haar hard en sterk aanpraat.
    😀

  2. shlwanjan het gesê op Maart 11, 2012

    Heheheh…ek het eenkeer by die skool vir die bestuurder van ‘n vermetele klein blou windgat karretjie wat ‘n onwettige u-draai oor ‘n wit streep gemaak het, en die parkeerplek waarvoor EK staan en wag het gevat het, sommer twee hande se middelvingers gewys. toe ek die ou se oog vang, toe is dit my pastoor. Weet nie wie van ons het die simpelste gevoel nie.

  3. TS het gesê op Maart 11, 2012

    hehehe… wys jou net!
    Die kindersoplaai ding is ‘n ding waarvoor jy hare op jou tande moet hê! En (skuus Lou) moenie dink die kinders is haastig nie. Hulle drentel die pad vol!

  4. pgjonker het gesê op Maart 11, 2012

    Ja, amazing hoe hulle nooit haastig is behalwe wanneer dit HULLE pas nie.

  5. pgjonker het gesê op Maart 11, 2012

    Jy’s reg, ek sal daai suigeling moet gaan soek om aan te spreek.

  6. HeavyHenry het gesê op Maart 11, 2012

    Bwhaahaha!

  7. HeavyHenry het gesê op Maart 11, 2012

    Seker jy – meeste van die traktement trekkers voel nie veel nie – maak soos ek se, nie soos ek doen nie!

  8. shlwanjan het gesê op Maart 11, 2012

    Jaaaaaa ou sonstraaltjie. Ons en Paul-hulle is nou nog huisvriende, al bly hulle lankal nie meer hier nie. Nie een van ons is perfek nie. As christene nie op mekaar kan oefen om te vergewe, te smile en aan te beweeg en volgende keer beter te doen nie…op wie sal ons oefen? (sorrie PG dat ek vir Henry preek hier op jou lighartige inskrywing.)

  9. HeavyHenry het gesê op Maart 11, 2012

    “…op wie sal ons oefen?”

    Oppie ongelowiges, natuurlik – dis makliker om jou tjommies te vergewe as wat dit is om dieselle te maak met die onchristelike gepeupel wat jy nie ken nie.

    Soos ek, byvoorbeeld!

    🙂

  10. shlwanjan het gesê op Maart 11, 2012

    o-kay, jy het daarvoor gevra! (-; van nou af oefen ek op jou. “Repent, Brother!” (ek weet nog nie waarvoor nie maar ek is seker jy kan aan iets dink…*grin*)

  11. Carol460 het gesê op Maart 11, 2012

    Ek is self ‘n onderwyser en het lekker gelag vir dié storie. Tipies kind !

  12. HeavyHenry het gesê op Maart 11, 2012

    Ek het eenkeer so ‘n grafitto gesien wat waarskynlik nie gese het wat die ou wat dit geverf het bedoel het nie – ek dink die oomblik was vir die letterskilder te veel:

    Repent and be converted that you may be blotted out!

  13. Kostelik!
    🙂

  14. artfreakgirl het gesê op Maart 16, 2012

    Haha. Gelukkig bestuur al ons kinders nou, so ek hoef nie die Chinese bestuurders wat of drêl en vir hulle sieletjies reg buite die skool sit en wag ( ek dink hulle smelt makliker in die reën as Kanadese kinders:)) en jou ignoreer as jy agter hulle sit te sit en toet nie, óf agter 2 tieners sit wat ek uitmaak voordat hulle voet neersit nie. Mens wil mos motormoord pleeg:). Arme Marga?. Mike het een oggend vir ‘n vrou buite die middelskool getoet en vinger gewys, toe kom haar man in die kantoor in vir ‘n afspraak en sê sy vrou voel so skaam dat sy die dokter kwaadgemaak het. Met jou mond vol tande, hang jy jou kop in skaamte:).

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.