‘n Nag in Parys

Februarie 26, 2012 in Sonder kategorie

Vroulief sê ons moet bietjie Vrydagaand Waterfront toe gaan.  Daar is ‘n goeie fliek wat ons kan gaan kyk.  Sy het dit al gesien.
 
Klink soos ‘n gawe plan.  Ek gaan lees solank bietjie op die internet op oor die fliek. 
 
“One night in Paris”.  Die omskrywing lees:  “1 Night in Paris is a 2004 pornographic video depicting Paris Hilton and her then- boyfriend Rick Salomon having sexual intercourse in 2001.”
 
Ek is bietjie oorbluf. 
 
“Sê gou weer daai naam van die fliek?” probeer ek my stem normaal hou.
 
“Midnight in Paris.”
 
O.  Jy meen so.
 
Midnight in Paris is a 2011 romantic comedy film written and directed by Woody Allen.”
 
Die verskil is onsubtiel. 
 
 
Vrydagaand was ‘n glorious aand in die Waterfront. 
 
 
Ek voel soos ‘n toeris waar ek by ‘n restaurant sit en uitkyk oor die see. 
 
 
 
Dis ‘n ander wêreld.  Anything goes.  Kleredrag, mannerisms, interessante paartjies.  Dis fassinerend.
 
 
Die fliek is absorberend.  Ek gaan vir my die musiek van die fliek soek.
 
Ek weet mens moenie jou uitspreek oor goed waarvan jy niks weet nie, en ek het nog nie vir One Night in Paris gesien nie.  Maar ek dink tog Midnight in Paris is beter.
 
 

7 antwoorde op ‘n Nag in Parys

  1. Kaapstad Waterfront is defnitief ‘n sprokieswêreld in die aand?. Haha. Bly jy het die regte film opgespoor. Gedink vroulief wou julle liefdeslewe opkikker? lol. Toe nou nie, en seker verligting dat sy nie ‘n geheimsinninge donker sy het nie:). Marga? Daar is ‘n groter kans dat jy nie in stilettos in die sneeu sal val nie:). My Marga het waardes?. lol.
    Pornografie na aandete sou jou dalk meer as ‘n seer maag gee of dalk meer nagmerries gegee het. Paris Hilton het darem maar in te veel blatante seksuele films opgetree. Sou haar bas warm geklits het as ek haar ma was. Ons “rate” altyd die films wat ons kyk. As ons kinders dit nie mag sien nie, moet ons ook verantwoordelik wees. A two way street. Om die waarheid te sê, het ek meer objeksies tov geweldadige films as die “odd” seksuele “scene”, en ons moet hulle meer “rate” oor die geweldadigheid in films, want hulle dink pornografiese “scenes” is “gross”(my jongste se woorde…en dan sê hy, “Mum, close your eyes. This is bad”, as dit by die geweld kom). XBox help seker ook nie. Ek kan nie die goed kyk wat hulle speel nie, maar word vertel dit is oorlog maak en seuns doen dit. Weet nie so mooi nie:).

  2. Op die video kan mens sien dat Paris Hilton se gebrek aan enige talent hoegenaamd ook strek tot in haar bedkamer…as ek haar moes naai sou ek ek dalk kop uittrek…pun intended…what a life less fish…brein si seker opgerook…

  3. Wat ‘n heerlikheid!
    Bly dat julle dit geniet het.

    Daar is net iets anders aan die Waterfront.

  4. TS het gesê op Februarie 27, 2012

    Mooi foto’s

  5. Parys ja.

  6. 🙂

    “In Paris” beteken ook iets anders…

  7. Fearika het gesê op Maart 7, 2012

    U blog is baie interresant. Baie dankie vir u vriendelike hulp daar by my.

Los ’n antwoord vir Fearika. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.