Het iemand al so ‘n oproep gekry?

Februarie 10, 2012 in Sonder kategorie

Ouboet WhatsApp my annerdag uit die klas uit.  Hieronder is die gesprek.  Toe wonder ek maar net of enige iemand van die litnetters al so ‘n oproep van sy internet diensverskaffer gekry het om op te hou downloads doen?  Ek het nog nie so ‘n oproep gehad nie, maar dit klink so effe suspisieus dat iemand sal bel daaroor.  Ek het ‘n vinnige soek gedoen en daar blyk wel so iets te wees.  Ek sou egter dink die ouens sal eerder vir jou ‘n mail of iets stuur?

Ouboet: Het Telkom ju gebel?

Ek: Nie werk toe nie, hoekom sou hulle bel?

Ouboet: Da nuwe programmering mens kani meer goed aflaai nie, so hull bel om te se as iemand dit doen moet hulle stop.

Ek: Wanneer was dit? Waarheen het hulle gebel?

Ouboet: Ek weti. N se ma har nunet gebel en gse telkom hulle gbel en gse imand innie huis download van onwettige webwerf af, alo onwettige webblaai word nu toegemaak of gemonitor. Ma ons nog nooit stories gedownload nie. So weti.

Ek: Klink na ‘n nonsens storie. Telkom verkoop bandwydte. Hoe meer jy download hoe meer geld maak hulle. Hulle monitor nie waar jy besoek nie. Wat is after all ‘n verbode site? Porn? As ek ‘n site blok gaan Google dit stop, nie Telkom nie.

Ouboet: Nee, nee. Daars ‘n nuwe wet. En in amerika en uk vang hul almal uit wat onwettig download. Dit word sope of iets genoem. Sos die sites waar mense gewoonlik download word nu toegemaak en die embleme van die magor authorities word op die site dan gesit. So Telkom bel en se in watter huishouda da onwettig gedownload word, hul moet stop anders sal daar verder stappe geneem word.

 

Ek: “ISP will be forced to send cease-and-desist notices to customers they suspect of copy infringement.”

Ouboet: Wats dit?

Ek: Nuwe European Union legislation. Ek kyk nog.

Ouboet: es dai ding ma dis hier ok, ma dis kinda dom, wat van jy probeer eers iets sos moord of so keer.

Ek: Poelieste keer moord. ISP keer diefstal. Het jy nou toegang tot internet? http://mybroadband.co.za/news/adsl/15642-adsl-piracy-legal-warning-do-you-need-to-be-worried.html

 

Ouboet: Ni nou nie, darm download osi stories ‘n gudi.

Ek: “Notices generated internationally and forwarded to ISP which in turn e-mails it to offending subscriber. BitTorrent, bv. Such monitoring of internet usage is illegal except of done with consent of user.”    Maar moet jy nie luister in die klas nie!?

 

Ouboet: Sekema, ma di tannie ht n biki van ‘n accent.

9 antwoorde op Het iemand al so ‘n oproep gekry?

  1. Klink na ‘n pot snot – daai wetgewing is opgeskort na wiki en ander werwe hulle misnoee te kennis gegee het deur ‘n 24 uur blackout.

    So wanneer maak hulle youtube toe?

    Daar was onlang iets in Australiee – een of ander uitruil werf se ouens aangekla.

    Maar niemand teiken die gebruikers nie – dis te moeilik.

  2. Ek was gister op ‘n site waar mens e-books download.
    Site is toe met FBI badges ens op.
    Met daardie storie.

    Ek neem aan dit is om die outeurs/kunstenaars/kopiereg te beskerm.
    Onwettig downlaod is seker maar dieselfde as om dvd’s/cd’s te “pirate”.

  3. TS het gesê op Februarie 10, 2012

    hehehe… nou weet jy presies hoe jou kind met jou swaarverdiende geldjies werk waarmee hy studeer …

    Hulle gaan my nog toesluit oor die foto’s wat ek gebruik!

  4. Man, dis ‘n scam wat mense probeer ooreed om hulle Remote Access te gee op jou rekenaar. ‘n Tannie in ons dorp is so gevang. Hulle het my ook al gebel. Hulle wil die Security op jou rekenaar “toets” en probeer jou oorreed om te reboot en dan stap-vir-stap geguide te word… Hoor jy nie rooi ligte flikker nie?

  5. Was daai dan nie tov ons eie inligtingswet gewees nie? Hierdie is Europese wetgewing, en VSA wetgewing.

  6. Ek dink die punt is juis: jy betaal NIE daarvoor nie. Van hierdie laaities sit met nuwe movies op hulle rekenaars nog voordat die goed in Ster Kinekor gewys het!

  7. O, OK, dit moet dan die badges wees wat hy van gepraat het. Maar wat my laat dink: why bother om 500 individuele aflaaiers die skrik op die lyf te jaag. Maak net die site toe.

  8. Dit was my eerste gedagte, maar die mense wat gebel het, het niks inligting gevra nie. Ek weet van daai ouens wat ek dink uit Indië uit opereer. Dan laat teken hulle jou ‘n debietorder ook nog om voort te gaan om die ‘diens’ gelewer te kry. En daai debietorder kry jy nie sommer weer gestop nie.

  9. Die wiki protes was oor die vsa ding – ek weet nie van die europese een nie.

    Ons goed hier is in elk geval al klaar in plek om alles af te luister – mens moet PGP kry vir jou epos…

Los ’n antwoord vir Boekemakranka. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.