Oes Bamboes

Februarie 8, 2012 in Sonder kategorie

Melkbosstrand, Maandagoggend.

Hierdie trok wag vir die manne om die oes in te bring.  Dis 11:08 Maandagoggend.  Almal is rustig.

 

Die manne laai op, en die trok wil ry.  Oepsie.  Die trok het nou al bietjie ingesak in die sand, die bamboes vrag is swaar, en die gety kom in.   Kry die trekker, manne!

 

Dis 11:38.  Daai trekker is viertrek, maar te lig.  Al vier wiele spin in die sand, maar die trok gaan nêrens nie.  Al wat êrens heen gaan is die gety – en dié kom in.

Stoot, trek, vloek, niks help nie.  Daar is nou geen genade nie, die vrag moet af.  Dis 11:46.  Die trok is nou al bietjie nat.

 

Maar dinge is nou bietjie drasties.  Daai opligbak is nog nie eens terug nie, toe haak die trekker weer en begin trek.  Om 11:47 staan die trok weer op droë grond.

 

Iemand moet nou al daai bamboes optel en dit weer oplaai, maar dis seker ‘n geringe prys om te betaal vir jou trok?

6 antwoorde op Oes Bamboes

  1. Jy’s gelukkig om net ‘n toeskouer te wees!

    Goeie foto’s, PG…dalk sal ‘n koerant belangstel?

  2. Jy’s die tweede een wat dit wonder, veral na gister se voorbladfoto van Die Burger. Maar nee, die foto’s is nie dramaties genoeg nie – as ek nie sê wat daar gebeur nie sal niemand eens weet nie.

  3. avega het gesê op Februarie 9, 2012

    So waarheen gaan die bamboes?

  4. Maak hulle dan nie tandepaste en jellie (onder andere) daarvan nie? Of is dit van seegras.

  5. So ‘n lekker uurtjie se gesukkel!

  6. Vetjan het gesê op Februarie 9, 2012

    Die vars bamboesblare gaan reguit perlemoenplaas toe.

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.