Daai ding van die fariseërs

Februarie 5, 2012 in Sonder kategorie

Ek moes geweet het dit kan nie goed eindig nie.

Ek stap deur die winkelsentrum, minding my own business. Ek het al vernuftig geraak om hierdie girls wat jou so onverwags nader om iets aan jou te verkoop te vermy. Dis altyd vir my ‘n verleentheid om die nuwe soort koekie of watookal te proe en dit dan nié te koop nie. Dus ek maak soos daai fariseër en stap anderkant verby.

So hoe hiérdie girl dit reggekry het weet ek nie. Maar toe ek my kom kry trek hierdie baie mooi meisie my aan die arm daar na haar verkooppunt toe in die middel van die loopgang van Cape Gate.

Eers verstom ek my aan die meisie en die vreemde geluide wat sy maak. Ek kan eers glad nie verstaan wat sy sê nie. Dan begin my oor op te vang.

“I show you someteeng?” verduidelik sy. Ek begin snap met die derde poging. Vreemd hoe dit ‘n sin of twee kos van ‘n heel vreemde aksent voor jy dit gewoond raak – as jy gelukkig is. Sommiges kry ek ooit gewoond geraak nie. Maar daremte verstaan ek soortvan wat die meisie my vertel.

Sy gryp my hand. “You see da lines on yourrrr nail? Everrrrybody has them.” No sh*t, Sherlock, hé? Ek dog sy lees fortuin, maar die nexte ding gryp so so funny borseltjie wat nie ‘n borseltjie is nie en begin my nael te politoer/ masseer / borsel. Ek weet self nie mooi wat nie.Toe sy klaer is het ek ‘n vreeslike blink duimnael.

“Now notting weel take thees off” verduidelik sy terwyl sy my hand hier voor haar borste vashou.  Dit moes hierdie tipe visioen gewees het wat Anton Goosen die pen laat opneem het en daai song van “Sy dra twee klein kalbassies liefde” te laat skryf. Dis nou nie asof ek bedoel het om te kyk nie, maar ek kon nie anders as om op te let dat sy ……. ag, nevermind. Ek is bietjie gerattle, want vir die oomblik is ek toe nie seker waarvan sy praat nie.

Sy druk iets teen my neus. Sy gaan my nou choloroform ingee en ontvoer, dink ek, so ek asem ‘n diep teug daarvan in.

“Thees ees ceutex, ok?” verduidelik sy. Dan gryp sy weer my duim – nee, eintlik het sy nog vir geen oomblik my duim gelos nie, sy maak verbrands seker ek kan nie wegkom nie. Ná ‘n goeie teug snuif aan die cutex toe is my sinusse lekker oop en my sintuie ook nou nogals lekker skerp. Dan vryf sy oor my blinknuwe duimnael met die cutex, maar die blink bly sit.

“See, notting takes thees off, ok?”Oooo, jy meen só. Sjoe.

Dis ok. And your point is?

“You know what happens thees month?”

Ek dink hard. Dis natuurlik ‘n strikvraag. Ek hardloop gou ‘n paar moontlikhede deur my kop. Skool het klaar begin, vakansie is verby, niks rugbytoere nie. Uhmm…. Sonsverduistering? probeer ek.

“No, eet ees Valentines day.”

O, shucks, gits, dis goed jy sê, ek sou vergeet het. O, maar dis ook my vrou se verjaasdag, onthou ek ook. Sy verkoop ‘n stelletjie waarmee jy tuis jou naels kan versorg. Of eintlik, waarmee jou vrou haar naels tuis versorg. En jou dogter.

“Do you have a daughterrrr?”

Ek haat dit as mense sulke persoonlike inligting vra. Ek verdink hulle altyd van uitvissingsbedrog. Maar ek kry my dat ek stamelende “yes” antwoord.

“And how old ees shee?”

Dis flippen niks van jou besigheid nie, dink ek, maar ek sê tog nietemin vir die meisie hoe oud my dogter is.

“Now see, because you arrrr my firrrst customerrr forrr today, I make you a verrrry special deal,” verduidelik sy. Mens moenie so vroeg winkel toe gaan nie. Dis nou ‘n sprekende voorbeeld van die early worm that gets caught. Nou net oorlat ek so nice is (en so vroeg in die winkel was) gaan sy vir my twee van daai stelletjies gee vir die prys van ene. Maar nou het ek al so tussendeur die prys van die stelletjie begin optel en uitgewerk ek kan amper twee bande vir my kar koop vir daai prys.

“Arrrr you frrrrom Cape Town?” vra sy.

Aha, ‘n geleentheid om die onderwerp te verander en uit die bose verkoopskringloop te ontsnap. Ja, sê ek, maar jy is duidelik nie. En van waar is jy?

“I’m frrrrom Isrrrrael,” verduidelik sy. Maar daai girl los my nie. Ek verduidelik vir haar van die prys van ‘n kar se band en die skottelgoedwasser en die wasmasjien wat ook mos nou gebreek het, verstaan, en ….

“Oh, but come looook, I show you someteeng,” sleep sy my na die rekenaar toe waar die prys van die produk my aangluur. Ke-tiek-etiek-etiek klik sy, en wala! daar is die prys gehalfeer. Nou daai’s nou cool, hê?

“How doo youu like that?” Wel, dis nog steeds die prys van een motorband, maar as ‘n losprys om met eer uit haar kloue te ontsnap is dit nou al heelwat meer verteerbaar.

Die vet weet, nê, ek is winkel toe om te gaan chloor koop. Ek kom terug met ‘n stelletjie tuis-nael-blink-maak-en-lekker-ruik-in-‘n-boksie. O ja, en party van daai goed in die boksie is lewenslank gewaarborg ook, het sy gesê, maar ek het op ‘n kol bietjie verward geraak oor waarvan sy praat mos nou, verstaan.

Nee, next time sal ek baie wakkerder wees en weer seker maak ek doen daai fariseër ding en loop ánderkant verby.

Ek moes toe ‘n week wag om die pakkie vir vroulief vir haar verjaarsdag te gee.

“O, daai girl het jou gebamboozle!” sê sy toe sy dit oopmaak. Nou vra ek jou, houkom sou sy só gedink het?

Happy birthday, love!

12 antwoorde op Daai ding van die fariseërs

  1. TS het gesê op Februarie 5, 2012

    hehehe… jip jy is lekker gevang…

  2. frandr het gesê op Februarie 5, 2012

    Bwahahahaa…Ek sien die hele toneeltjie daar in die mall! Daai girl is beslis ‘n gebore verkoopspersoon, ek bewonder hulle altyd so uit my siel uit, want dis regtig ‘n talent!

  3. Gelukkig is hier nie mall’s by ons nie!

    Hoop jou vrou sluit haar present in die kluis toe, as dit so duur is.

  4. avega het gesê op Februarie 5, 2012

    Jis, ek loop WYE draaie om daardie verkopers.

  5. Hulle word goed opgelei in die verkoopskuns. Jarrre gelede het hulle altyd op die plaas aangekom, nie goed verdien nie, want hulle kon nie al die nodige onderklere bekostig nie en het dan allerhande smeermiddels en sweisstafies ens ens aan die boere verkoop, almal het natuurlik gekoop.

  6. Grim!
    Moer Grim!
    Mens mag nie aan die goed slaan soos om muskiete dood te slaan nie – al is hulle meer lastig!

  7. Jy reken?

  8. Soos Kris Kristofferson sou gesing het: “Thank your lucky stars you’ve got protection.”

  9. pbroere het gesê op Februarie 6, 2012

    The early bird gets the worm but the second mouse gets the cheese.

  10. Het ek dit nou baie geniet!!! 🙂

  11. Lesley het gesê op Junie 19, 2013

    Dit is uitstekend en het my laat wonder of hierdie meisies iewers gekloon word – of dalk reis hulle van kontinent tot kontinent, want ek het die presiese selfde ervaring (en een stelletjie) gehad in Auckland. Byna woord vir woord en aksie vir aksie dieselfde!! Van daardie dag is ek ook ‘n fariseer.

Los ’n antwoord vir pgjonker. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.