Dokters weet ook nie alles nie

Januarie 18, 2012 in Sonder kategorie

Jare gelede hanteer ‘n prokureur op Malmesbury ‘n onderhoudsaangeleentheid namens ‘n kliënt.

Die eerste hekkie om oor te kom is egter om vaderskap te bewys. Die aangewysde vader is nie oortuig dat hy die oorsaak van die probleem is nie. Nou moet daar bloedtoetse gedoen word.

Die prokureur reël alles en die man en die vrou gaan saam Kaap toe die dag om die nodige bloedtoetse te laat doen.

Ontsteld kom die dame die volgende dag by die prokureur aan: “Maar Mr F, daai dokter wiet niksie! Hy trek dan die bloed yt die man se vínger yt!”

2 antwoorde op Dokters weet ook nie alles nie

  1. TS het gesê op Januarie 18, 2012

    hehhehe… kikker jy my dag op!

  2. Bwhaaahahaha!

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.