Gouritsmond 2011 – Deel 8: Ek’s ‘n dapper kamper

Januarie 14, 2012 in Sonder kategorie

Die muise raak ‘n probleem by ons staanplek. Laasjaar het een van die manne ‘n pofadder van kant gemaak. But what you win on the swing you lose on the roundabout. Met die pofadder weg is daar nou niemand wat die muise onder beheer kan hou nie. Wel, hulle het nie met my en buurman rekening gehou nie.

Die muise is seker nie onaaklige diertjies nie.

Maar dis darem nou erg onsportief as jy by jou pot kom en daar sit 5 muise binne-in die pot. Of as jy die broodblik oopmaak en woeps! spring daar ‘n muis uit.

Ek en buurman kry muisvalletjies. Ons vang fluks muise. Ek vang 2. Buurman net 18.   (Buurman het ‘n dag voor my begin). Ek kom later agter die muise hou nie van die soort kaas wat ek opsit nie. Wel, ek ook nie, dis hoekom ek dit vir hulle voer. Ek verander maar die diëet.

Op ‘n middag trap ek een van die muise vas onder die opslaan koskas in die karavaantent. Hy sit rustig daar en loer vir my. Ek wil hom vang met die visnetjie, maar daar is nie plek onder die kas om met die net in te kom nie. Nou druk ek daar in sy rigting met die stok-gedeelte van die visnet. Maar daai muis is ‘n cool dude. Hy vat die stok met sy twee pootjies was en knibbel daaraan.

Ek en die muis kyk vir mekaar. Ek sê hom niks, maar ek glimlag vir hom. Ek sien hy begin ontspan, hy kan mos sien ek is vriendelik. Intussen druk-druk ek hom diskreet in die rigting van die muisvalletjie wat 10cm agter hom is.  Hy knibbel nog rustig aan die stok.

En sê nou daar’s ‘n valletjie?

Oe ‘n valletjie!

Ja, ‘n ding wat val met ‘n gruwelike knal

Ag nou ja ….

 

En dan trap die muis op die muisval. Die muisval klap met ‘n gruwelike knal, maar ou maat, daai muis is vinnig. Dis in ‘n oogwink, toe’s hy weg, met een klein muisbolletjie wat langs die muisvalletjie lê. Ten minste reken ek daarop dat sy oordromme moes gebars het van die gruwelike knal.  Laat dit nou vir hom ‘n les wees!

Ek het ook ‘n lewendige muis gevang in ‘n box. Stupid muis.  Hy sien my en hardloop in die naaste opening in, wat ‘n lang plat box is.  Maar toe’s ek darem nie rêrig lus om ‘n lewendige muis nek om te draai nie. En in elk geval het daai outjie my met sulke puss in boots oë aangekyk, g’n mens kan dit hou nie.

Toe gaan sit ek hom maar weer naby sy maats neer. Maar dis nie regtig oor ek nie die hart gehad het om hom nek-om te draai nie.  Nee, dit was eintlik ‘n fyn uitgewerkte ‘n strategiese skuif: ek meen nou maar, dalk sê hy vir die res van die clan hulle moet my uitlos, ek is aan hulle kant, dan is my probleem mos opgelos.

Maar hy het nie, die weselbrein! Hulle het nog steeds ‘n gat deur my tent se een onderpant geëet – terwyl daar 10cm verder ‘n opening was waar hulle bloot kon instap, soos al die ander kere.  

Maar ek dink nog steeds dis beter as om te wonder wanneer daar ‘n pofadder verby gaan sluip.

7 antwoorde op Gouritsmond 2011 – Deel 8: Ek’s ‘n dapper kamper

  1. pasella het gesê op Januarie 14, 2012

    Ek kan nie ‘n muis in ‘n handgemeengeveg doodmaak nie–net op ‘n afstand, en dan nog steeds met ‘n skuldgevoel.

  2. Muise het mos sulke sielvolle ogies.
    Ek kan dit nie oor my hart kry om hulle seer te maak nie, MAAR dis omtrent ‘n pes hier op die hoewetjie.
    My seun vang hulle en gaan los hulle in die veld ver van hier – Hartman kom hulle sommer met die besemstok by – ugh

  3. Eish die goed gee mens hel – sommer so op twee maniere!

  4. TS het gesê op Januarie 14, 2012

    Nee wat ek is ook op die leef-en-laat-leef stadium!

  5. Ja, n rot is my fighting weight

  6. n Malawiese pofadder is die beste. Hy doen die vuilwerk
    en pla nie die baas nie.

  7. Ou-Top het gesê op Januarie 15, 2012

    My liegbek buurman het glo twee Daizy windgewere vir sy tweelling seuns van 7 jaar gekoop, met n pak 500 koeels. Hulle het n voerplek net twintig meter verder in die ruigtes gemaak en dag en nag gejag.
    Hy moes na twee dae nog koeels gaan koop vir die knape. Hy se hy het nog nooit so n rustige vakansie gehad nie, selfs sy tentebure was verbaas dat seuntjies so stil en soet kan wees.

Los ’n antwoord vir TS. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.