Laat ons lees en bid

November 1, 2011 in Sonder kategorie

Jakkels se storie klink so bekend.

Kimberley, 1986.  Diskobolos.  Ons oefen vir kapelaans-parade.  Genuine.  Jy daag nie sommer net op en luister hoe die kapelaan lees, preek en bid nie.  Jy moet voorbereid kom.  Want wanneer die oomblik aanbreek, dan skrou die Stafsersant:

Laat… ons lees ….. en …. bid…..(afgemete) …. twee drie een…… (regterhand op na die beret toe) … twee drie een….(beret van kop af en mooi gewyd voor die bors terwyl jy jou kop nederig afbuig).

Maar dit moet geoefen word.  Ek meen nou maar, sê nou maar jy haal jou beret verkeerd af, verstaan.  Dis net nie aan nie.  Nou dit is nie so eenvoudig nie.  Om die waarheid te sê, ek kan nie meer die bevel onthou van hoe om weer jou beret na die gebed terug te kry op jou kop nie.  Wys jou net, dis nie so eenvoudig nie.  Daar is ouens wat dit bloot nie regkry nie.  Gevolglik oefen ons dit oor en oor.  Min of meer tot almal dit min of meer regkry.

Maar dit vat tyd.  Lank, man.  Die Stafsersant is ook al later nie lekker vir ons nie.

“Laat….. ons lees …. en bid…. NEE! NEE! Staan stil in jou moer in!”

2 antwoorde op Laat ons lees en bid

  1. TS het gesê op November 1, 2011

    eish… wonder tog oor die waarde daarvan…

  2. pgjonker het gesê op November 2, 2011

    Nogals baie, veral as jy kerkparade gehad het en in die kerk gaan sit het. Die webbing het jou regop gehou, so jy kon sit en slaap sonder dat jy omval. ek het een keer getel, in die 2 minute wat ek nog my oë kon oophou met so ‘n kerkparade, dat hoogstens 1 uit elke 7 ouens wakker was – en ook net nou en dan.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.