‘n Skot maak (ook) ‘n plan

Oktober 15, 2011 in Sonder kategorie

Ja, dis nie net die boere wat daai ding kan doen nie.

Jare gelede kuier Dave by ‘n Afrikaanse nooi op Stellenbosch (daai tyd het hulle nog van nooiens gepraat, genuine). Dave was van Skotse afkoms, en sy Afrikaans nie te watwonders nie. Maar as jy ‘n Afrikaanse meisie (jammer, ek sien net nie kans vir ‘n ‘nooientjie’ nie) en dié se familie wil beïndruk, dan moet jy maar deurdruk met die Afrikaans wat jy kon baasraak. As jy boonop oor boerdery ook kon praat dan sou mens dink die Skotsman se kop moet omtrent deur wees.

Daar groei toe nou een of ander plant daar rond wat peule maak. Die hele wêreld lê volg van die peule. So Dave maak nou maar praatjies oor saai en plant en boer en al daai goete, allester in Afrikaans mos nou.

“Eintlik,” reken Dave terwyl hy beduie na van die peule wat daar los lê, “moet mens al die buurt piele bymekaarkry en dit hier in die voortuin kom plan.”

Die voorstel word met ‘n geskokte stilte begroet. Nou kan ek nogals dink hoe het die meisie se pa se kop gewerk. Ek meen nou maar, ek is self die pa van ‘n tienerdogter, en so ‘n voorstel sal sekerlik die veiligheid in die buurt heelwat opgradeer vir ‘n jong meisie.  Ja-nee, hierdie Skot kan planne maak.

Na oorweging, egter, is die plan nie aanvaar nie. Die praktiese uitvoering van die plan is effe problematies. En dis in elk geval ook redelik seker dat só ‘n plan met redelike teenkanting begroet sou word deur die teikenmark.

En in elk geval, imagine die goed sou begin groei daar in die voortuin.

9 antwoorde op ‘n Skot maak (ook) ‘n plan

  1. laleo1 het gesê op Oktober 15, 2011

    Eina ! In hierdie geval kan die idioom “So ‘n bek moet jam kry” nou nie werk nie.

  2. die party het nogal rof geraak. 🙂

  3. TS het gesê op Oktober 15, 2011

    Ag siestog… sy kleinkinders sou ook nog kon lag…

  4. avega het gesê op Oktober 15, 2011

    Haha, dis ‘n verleentheid. My jongste gaan nou uit met ‘n Engelsmannetjie en hy praat Afrikaans met ons (hy moet mos probeer beindruk) ek wag om te sien waarmee hy nog vorendag gaan kom.

  5. pgjonker het gesê op Oktober 15, 2011

    Hulle doen. Hulle is al so oud soos hy destyds was. Hy is toe met daai meisie getroud.

  6. pgjonker het gesê op Oktober 15, 2011

    Imagine sy verleentheid toe daar aan hom verduidelik is wat hy eintlik voorgestel het.

  7. Ek wonder of so n peul na n week se groei nog in n broek sal pas.

  8. Daai vetplant – “bobbejaanvingers” – staan ook bekend as “kinderpiele”

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.