Die goed wat kindertjies doen

Junie 6, 2011 in Sonder kategorie

Sondag is ek by die Endlersaal op Stellenbosch vir ‘n kultuur-middag.  Kore, sang, orkeste, almal daai goete.  ‘n Harp ook, nogals.

Ek besoek die kleedkamers.  Daar is so drie hokkies met deure aan.  Een die beset, die ander twee is oop.  Ek gaan na die volgende oop ene.

Nou hoor ek ‘n pa spreek sy twee seuntjies aan.  Hulle moet teruggaan en die deur oopmaak.  Dit blyk dat die twee rakkers in die hokkie was en die deur van binne af gesluit het.  Toe hulle klaar is, toe het hulle óf nie die deur kon oopkry nie, óf hulle het besluit dis ‘n gawe plan om liewer oor of onderdeur die muurtjie te gaan.  Nou is die hokkie mooi toegesluit van binne af, met niemand binne nie.

Nou hoor ek hoe steun die een mannetjie om onderdeur die deur te kruip na binne.  Maar terwyl hy nou so in die omgewing is toe loer hy sommer onderdeur die muurtjie na my kant toe.  “Halo oom, hoe gaanit oom?” 

“Nee, dit gaan goed en met jou jong?”

“Nee goed oom.”  Steun steun verder (hy, nie ek nie).

Vriendelike knaap.  Maar ek kan hom sommer nou al sê:  as hy daai ding oor 10 jaar van jou af doen, dan gaan hy in groot moeilikheid beland!

3 antwoorde op Die goed wat kindertjies doen

  1. HeavyHenry het gesê op Junie 6, 2011

    🙂

  2. Maankind2 het gesê op Junie 6, 2011

    Dis nou die lekkerste toilethumor wat ek in ‘n lang tyd gelees het!

  3. lora2me het gesê op Junie 8, 2011

    Dis nou oulik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.