Oranje is ‘n moeilike kleur

Junie 1, 2011 in Sonder kategorie

Oranje is blykbaar ‘n moeilike kleur vir kleuters om baas te raak.  So verstaan ek van my vrou, nie dat ek dit moeilik vind nie. Sy was ‘n speelgroepie tannie gewees. Sy gee ook skool vir die kleingoed. So sy verstaan van wat kindertjies moeilik vind om baas te raak.

 

Maar Mitsibushi is ook ‘n moeilike woord. Probeer bietjie dat jou 4-jaar oud daardie woord sê en luister hoe klink dit.

 

Vriende van ons se jongeling was reeds van jongs af ‘n groot motor entoesias. So het hy reeds baie vroeg in sy lewe (hy was seker so 3 of 4 jaar oud) besluit watse voertuig hy wil hê wanneer hy die dag begin bestuur. En Mitsibushi sal dit wees, het hy besluit. So kondig hy toe op ‘n dag aan: “Pappa, as ek groot is wil ek ‘n Pusipusi hê.”

 

“Ja my seun, ek ook,” sê sy pa.

 

Sy ma gee opsluit sy pa ‘n vuil kyk.

 

Sy’s natuurlik meer ‘n Toyota fan, sien.

13 antwoorde op Oranje is ‘n moeilike kleur

  1. Modigliani het gesê op Junie 1, 2011

    Ja… Cute.

  2. Self Toyota fans soek ook daai ding as hulle groot raak.

  3. lora2me het gesê op Junie 1, 2011

    Oulike storie. Daar is seker meer grappies oor, veral, die Oosterse fabrikate, as wat daar motors is. Gelukkig is ek meer van ‘n Toyota fan. 😉

  4. TheSpear het gesê op Junie 1, 2011

    My seuntjie sê nogsteeds by tye “poesie” in plaas van “oepsie.”

  5. pgjonker het gesê op Junie 1, 2011

    Oeps…

  6. Maankind2 het gesê op Junie 1, 2011

    oranje is my kleur my huis en my handsak en my website.
    gaan kyk by my kentekens as jy wi

    l

  7. Maankind2 het gesê op Junie 1, 2011

    oranje is my kleur my huis en my handsak en my website.
    gaan kyk by my kentekens as jy wi

    l

  8. HeavyHenry het gesê op Junie 1, 2011

    “Mitsibushi” of “Mitsubishi”?

    🙂

  9. Neffertiti het gesê op Junie 1, 2011

    Reg.

  10. HeavyHenry het gesê op Junie 1, 2011

    Dit bewys dat dit ‘n moeilike woord is.

    🙂

  11. pgjonker het gesê op Junie 1, 2011

    Genugtig, jy’s sowaar reg. Wys jou net hoe ‘n moeilike woord is dit. Ek moes dit nou Google om dit reg te kry!

  12. pgjonker het gesê op Junie 1, 2011

    O, kon hulle ook nie Mitshi…. Mitshu… Mitsubu… Mitsubishi spel nie? Toe kry hulle maar ‘n Toyota.

  13. HeavyHenry het gesê op Junie 1, 2011

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.