Sterrekyk

Mei 7, 2011 in Sonder kategorie

By die Taalmuseum buite Paarl word gereeld sterrekykaande aangebied.

Jy daag daar op met jou piekniekmandjie en kuier.  Daar is ook ‘n koffiewinkel waar jy die medies imperatiewe kaffeinversterkers kan kry.

Uiteraard moet die son eers sak voordat jy in alle erns kan begin sterre kyk.

En dan donkeraand is die ware entoesiaste daar met hul teleskope, en kry jy kans om deur hulle teleskope te loer vir die sterre.

‘n Nice outing.

12 antwoorde op Sterrekyk

  1. HeavyHenry het gesê op Mei 7, 2011

    OOh Nice! Is daar iemand wat kom met sy twintig duim of groter Dobsonian?

  2. melissabekker het gesê op Mei 7, 2011

    Wow! Jy het my nou iets nuut oor die Kaap geleer! Volgende keer as ek daar gaan kuier sal ek definitief ‘n draai maak…

  3. lora2me het gesê op Mei 7, 2011

    Dis nou oulik. My dogter woon in daardie omgewing. Waar word dit geadverteer?

  4. AfrikaNerd het gesê op Mei 7, 2011

    In Die Burger, maar ek het nou die volgende skakel gekry van ‘n vorige geleentheid – die geleentheid is verby, maar ek aanvaar die telefoonnommers vir navrae behoort dieselfde te wees: http://www.facebook.com/event.php?eid=180637801952842

  5. AfrikaNerd het gesê op Mei 7, 2011

    Jammer, nee, ek ken nie daai soort honde nie… 😉

  6. AfrikaNerd het gesê op Mei 7, 2011

    Meer inligting wat ek op http://www.taalmuseum.co.za/dagboek kon kry:

    Volmaanpieknieks: 8 Okt., 11 Nov., 10 Des. 2011
    Sterrekykaande: 1 Okt., 10 Des. 2011

  7. HeavyHenry het gesê op Mei 7, 2011

    🙂

  8. lora2me het gesê op Mei 7, 2011

    Dankie AfrikaN! Ek sal die inligting aanstuur.

  9. loudavisi het gesê op Mei 7, 2011

    Vyf sterretjies vir jou.
    (Dis indien jy dalkies nie een te siene gekry het nie)
    ; )

  10. jannel1 het gesê op Mei 7, 2011

    Mooi fotos!

    Die naaste wat ek aan so iets was, was die slag toe ons by The Tittie Twister gaan stêre kyk het.

  11. TS het gesê op Mei 7, 2011

    aha dit kan romanties wees!
    Mooi foto’s

  12. AfrikaNerd het gesê op Mei 7, 2011

    Mmmm … die laaste keer wat ek ‘n sekere buitelugwinkel in Bellville gaan soek het ry ek rustig, minding my own business, parkeer oorkant die pad, en begin oorstap na die plek toe. Toe ek opkyk toe sien ek daai plek het toe ook ‘n sterre-plek geword. Maar ek het toe nie gaan sterre kyk nie. Dit was nog dag.

Los ’n antwoord vir HeavyHenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.