Paasnaweek op Gouritsmond – die dorp – deel 2

April 28, 2011 in Sonder kategorie

Paassondag trek ‘n vol kerk.

Gouritsmond is ‘n rustige plek.  Die tipe plek waarheen mens vir ‘n laaste keer kan trek.  OK, behalwe miskien vir nog een keertjie se trek.

Dis maar koud, so die strand is nie te vol mense nie.

Niks skrik natuurlik die vissermanne af nie.

Daar is orals mooi aanwysings, ook vir diegene wat nie kan lees nie.

Die Gouritsriviermond self lyk lekker wild.

Teen die einde van die naweek is nog net ‘n paar bittereinders oor in die karavaanpark.  Ek moet sê, ek sou self nie graag hierdie koue in die karavaanpark wou trotseer nie.

En dan breek die einde van ‘n naweek aan, en dis weer tyd vir petrol tap en huistoe gaan.

4 antwoorde op Paasnaweek op Gouritsmond – die dorp – deel 2

  1. loudavisi het gesê op April 28, 2011

    Die foto van die vissermanne is die beste!
    Die water blink (skitter).

  2. Geitjie1 het gesê op April 28, 2011

    Ag hoe verlang ek nou na die see………..

  3. Maghitta het gesê op April 28, 2011

    stem saam met Lou
    Laat mens sommer diep en ver verlang

  4. melissabekker het gesê op Mei 7, 2011

    Ek is mal oor die manier hoe jy die foto’s in jou blog gebuik, laat mens sommer ‘n goeie gevoel van die bestemming kry, lyk na ‘n lekker vakansie plek!

Los ’n antwoord vir Geitjie1. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.