Koerant opskrif

Maart 10, 2011 in Sonder kategorie

Soms doen redakteurs nogals ‘n netjiese woordspeling.  Sommiges, soos van die banieropskrifte wat ons hier in die Kaap teen die lamppale kry, kan soms effe banaal wees.  Snaaks ook.

Maar vanoggend lees ek die MotorBurger.  Marnus Hattingh het ‘n artikel daar oor die nuwe Audi TT afslaankap.  En ek kon nie help om te dink die opskrif van die storie was baie skerp nie:

“Punt in die wind met jou TT, my bra”

‘n Joernalistieke gem, sou ek sê.  Nie seker of dit heeltemal bedoel was soos dit klink nie, maar nogtans.

2 antwoorde op Koerant opskrif

  1. Baie slim, ja.

  2. TS het gesê op Maart 10, 2011

    hehehe… soms hoef mens net die lamppale te lees dan weet jy alles

Los ’n antwoord vir robinhawkins. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.