Denzil se ding

Februarie 4, 2011 in Sonder kategorie

 

“Hey, uncle, gee daa’ ‘n five bob ek sê?” reken die straatkind.

Albert mik so die mannetjie met die oog, maar dié is nog vroeg laerskool.

“Jong, watter standerd is jy?”

“Nie, uncle, ekke issie innie skoolie, so ek sal selfiekasêrie. Ma’ as ekke nie ‘n R50 het die nawiekie da’ kan ekke nie oppie Sondagskoolpiekniek gaan die.” Die mannetjie sit die stuk in en huil dat die trane spat oor die Sondagskoolpiekniek wat hy gaan mis.

Albert is ‘n filantroop, en nog altyd ‘n sucker vir stories. Hy sit toe maar die paar Rand by wat die straatkind kort om sy R50 vol te maak. Hy het darem net omtrent nog R49 gekort darem, so dis nie asof die mannetjie nie self ‘n bydrae gemaak het nie, verstaan.

“Ma’ uncle, ek is dors ook, né.”

“Ja, jy lyk nogal honger en dors. Kom ek koop vir jou ‘n bottel melk.”

“Nee, mylanie,” help die straatkind se tjom wie intussen bygekom het. “Denzil issie eintlik een vir melk nie.”

Né!

4 antwoorde op Denzil se ding

  1. Hy het mooi probeer!

  2. Ha! Gelukkig het julle die insig gehad om dit nie as ‘n “sleep over” te reël nie. Ek onthou, jare gelede, 23 seuns in 3 tente buite op die agtergrasperk, wat my buurman my die volgende dag met hangoë vertel het, die hele buurt wakker gehou het met hulle 3 vm grappe. Ousus moes hulle stil hou met betaling, maar het in die huis in gesluip om foonoproepe te maak, nadat ek en Mike gaan slaap het. Cozy! Ons het vir die vlg week muffins vir die bure aangedra:). Vir ‘n ander verjaardag, het ek 2 vm gedreig om kinders huis toe te neem….’n “slumber” partytjie in die familiekamer. As jy nie wil hoor “Daar kom die draak”, vir die vlg ses maande nie, stuur hulle huistoe 9:30nm:). Liewe Chris-Jan klink asof hy ‘n heerlike partytjie gehad het???

  3. Aha, hier is jou kommentaar wat bedoel was die Kinderpartyjie. http://blogs.litnet.co.za/pgjonker/kinderpartytjie

  4. Website moet seker iewers ‘n kinkel hê, want ek het direk and Kinderpartytjie tot die kommentaar daarop gegaan. Sigh:)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.