Karnaval

Januarie 28, 2011 in Sonder kategorie

OK, ek sien hulle noem dit deesdae Jool soos in die Noordelike provinsies.  Ons het van karnaval gepraat.  Gisteraand was dit “vensters”.  Die hele Kaap was daar.  Al van net na 18h00 af het jy al gesukkel om by Stellenbosch ingery te kom.  Op die kampus was daar massas en massas mense. 

Dit bly altyd vir my ‘n interessante sensasie.  ‘n Nostalgie.  Dis asof ek daar staan en die herinneringe wil indruk.  Ek voel nie tussen 25 en 30 jaar ouer as die studente nie.  En alhoewel ek dink ek lyk ook nie ouer nie wys my kinders en hulle vriende my ontaktvol daarop dat ek verkeerd is.  [$%^& hulle, het ek nou maar gedink].

Ek probeer waak daarteen om my kinders te verveel met “toe ek” stories.  Maar ek kon darem nie help om die herinnering gisteraand te deel met my seun van die ietwat banale kompetisie wat hom een donker aand buite Helshoogte afgespeel het nie.  Ek en my kamermaat kom van iewers af gestap, minding our own business.   Nes ons by Helshoogte verbystaap burp ‘n ou daar van bo af.  Man, ‘n absolute meesterstuk. 

Ek reken toe dit behoort nie onbeantwoord gelaat te word nie.  Dus antwoord ek.  Ek meen nou maar, ek het self ‘n paar versweë talente gehad, het ek toe gedink.  Daar is egter onmiddellik weer ‘n antwoord.  Ek sweer daai ou het op ‘n PA system geburp, dit was unreal, man.  Ek probeer weer, beter as die eerste keer.  Die antwoord is weer sonder enige vertraging.  Nou hoor ek iemand anders skree daar van ‘n ander kant af “sies, jou vark!”  Ek weet glad nie waaroor dit was nie, dalk het iemand iets op die vloer gemors of so, verstaan.

Anyway, there comes a time when one has to admit defeat.  Daai man was ‘n meester.  Ons gee toe maar die stryd gewonne en stap voort koshuis toe. 

Anyway, terug by gisteraand se ‘vensters’. 

Die geheelbeeld is een van sorgloosheid, vryheid, en pragtige mense. 

Daar is ook die hiper cool ouens.  Soos die een ou wat met ‘n mobiele hubly geloop het – tensy hy doodgewoon sy drank met ‘n dik pyp uit ‘n half-jack uit gesuig het natuurlik.  Ek moet sê, ek het gedog daai man probeer miskien net so effentjies te hard om cool te wees.  Maar dan weer, ek is 30 jaar ouer as hy, so ek is nie veronderstel om dit te verstaan nie.

Ek kon nie anders as om te dink aan die aanhaling uit die Sunscreen speech nie: 

“Enjoy the power and beauty of your youth. Oh, never mind. You will not understand the power and beauty of your youth until they’ve faded. But trust me, in 20 years, you’ll look back at photos of yourself and recall in a way you can’t grasp now how much possibility lay before you and how fabulous you really looked. You are not as fat as you imagine.”

PGJ

4 antwoorde op Karnaval

  1. Toe ek… Ai man.

  2. ja, “jool” wil ook maar net nie uit my mond uit kom nie, ek praat ook van karnaval. hoewel ek moet erken ek het so as wat ek kon gister uit stellenbosch gewyk voor die chaos losgebars het.

  3. Ja, self. Dis moeilik met ‘n nege-jaar oud plus ‘n tiener wie se maats ook daar rondloop. Ons het al voor 21h00 gedraai. Nadat al die niggies en neefs wat ons van weet se konserte gekyk is.

  4. Wat! Was daar nog mense wat kon wind opbreek in Helshoogte?

Los ’n antwoord vir jjjonker. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.