In remembrance of the King of Rock

Januarie 15, 2011 in Sonder kategorie

Ons gaan ry een middag ‘n draai van Gouritsmond af om te gaan kyk hoe die manne se hengelry gaan by Kanon.  Soos die kraai vlieg is Kanon 2,6km weg, maar dis oorkant die rivier, so padlangs is die 25km om daar te kom.  Lekker outing saam met ons jongste.  Dis sy maatjies se pa’s wat daar vis vang.

 

Die maatjies vind mekaar dadelik.  Chris-Jan is die oudste van die lot, 8 jaar oud.  Nou vermaak die lotjie mekaar.  Speel bietjie wegkruipertjie.  Spring by die duine af, daai tipe dinge.  Min gepla met die ernstige besigheid van visvang waarmee hul pa’s hulle besigh ou.

 

“Kyk hieso, julle, ek gaan ‘n ballas sprong doen!” roep Janko. Hy hardloop oor die duin, maak sy bene oop en land wydsbeen op sy boude onder op die sand.  Nou weet ek ook sommer wat ‘n ballas sprong is.  Nou doen almal ballas spronge. Almal die kleingoed nou, meen ek.  Ek is bloot ‘n waarnemer.  Daar is sekere goed wat grootmense net doen as hulle gesuip is. 

 

Maar soos dit maar gaan moet iemand altyd ‘n beter idee hê.  Hierdie keer is dit Chris-Jan met die beter idee.

 

“Kyk hieso, julle, ek gaan ‘n Michael Jackson sprong doen!”  Dan illustreer hy die tegniek met gutso.  Hy hol by die duin op.  As hy bo kom gryp hy sy knaters vas soos wat Micahael Jackson gereeld op die verhoog gedoen het, en spring by die duin af. Dis eintlik maar net ‘n effense verfyning van Janko se ballas sprong, maar dit vind nietemin byval by. Die hele crowd spring in en doen Michael Jackson spronge.

 

Long live te king of rock, ek sê.

 

PGJ

4 antwoorde op In remembrance of the King of Rock

  1. haha, die kinders darem!
    Dis goed dat hulle buite speel en dit met oorgawe geniet.

  2. Syana het gesê op Januarie 16, 2011

    Het jy gesien Michael J het hulle gesit en dophou? Ek het hom gevra om hulle te wys.

  3. So ‘n ou rakker, huh?

  4. Ag dierbaar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.