Kuberkrakers

November 26, 2010 in Sonder kategorie

Ek verstaan nie dit nie.

Hierdie ding dat iemand skelmpies ‘n skakel op my website kan wegsteek wat maak dat die besoekers aan die skelm se websites dan my bandwydte opgebruik in plaas van syne!

My webmaster het nou die spoor gevat en agtergekom dat daar 9000 (nege-duisend, ja!) ander webruimtes op hierdie manier op my www.pgjonker.co.za ingeskakel was en rustig my bandwydte gesteel het.

Dit laat my dink aan daai een TV ad waar die couple met die Ozzie aksent vir enige ding sê “It calls for a celebration, dear.” Nou ja, hierdie roep vir ‘n paar erge lelike woorde, eerder as ‘n selebrasie.

 

Uughh!

13 antwoorde op Kuberkrakers

  1. Kraak daai krakers!

  2. Neander het gesê op November 26, 2010

    Nee jy moet hulle looi!

  3. TS het gesê op November 26, 2010

    Sjoe en wat doen jy daaraan?

  4. Onthou nou, dis nie die bandwydte wat ek by my internet diensverskaffer koop nie. Dis die bandwydte op my website wat opgebruik raak. Die kraker het blykbaar hidden cache files gestoor op my blog, wat blykbaar ook beteken hy het my username en password kon ontsyfer het.

  5. Ek kerm vreeslik, maar buiten dit weet ek nie wat om te doen nie. Gelukkig kon my pel, wat my webmaster is, met bietjie rondspeel agter die kap van die byl kom en die ouens afsny. Maar ek skuif nou nietemin my website oor na ‘n ander server toe.

  6. Ek is nie normaalweg ‘n wraakgiereig ou nie, maar ek moet bieg, ek het ‘n paar kleurvolle gedagtes hieroor gehad. Trick is net om die ouens op te spoor, wat bietjie onmoontlik is. Hy kan in Kuba, Moskou of Moerlandspan wees.

  7. Dit klink na ‘n inside job.

    En jou limiet is nog moer toe – kry ‘n 509.

  8. Ja. Gister is 300MB bandwydte bygevoeg, en dis opgebreuk tussen sê 12h00 en 20h00. Inside job, maybe, maar waar is “inside”: op die server of op my rekenaar. Ek skuif binnekort, maar sal maar van scratch begin. Netnou “skuif” en die kartonhouer saam met my…

  9. Jis dis scary – Is dit ‘n Linux server?

  10. Weet nie. Gister het die pel wat my ‘host’ is 26000 (!) files/skakels verwyder, maar so vinnig soos hy dit verwyder kom dit terug. So die booswig het ‘n program wat hardloop om te ‘reset’ so vinnig soos wat jy hom afsny.

  11. Stop, haal vannie net af. kry die “permissions” reg, identifiseer die ding wat loop, maak dood, maak skoon…

    Kak job – dissie lekker nie.

  12. Vetjan het gesê op November 27, 2010

    o aarde :

    Bandwidth Limit Exceeded
    The server is temporarily unable to service your request due to the site owner reaching his/her bandwidth limit. Please try again later.

  13. Sug. Ai, praat jy ….

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.