Ouboet leer praat

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

Toe Ouboet nog klein was het sy Oupa nog geleef. Oupa en ouma het ook in ‘n aparte huis op die plaas gebly.

 

Soos dit nou maar gaan het Oupa maar bedags daar aangekom, dan vat hy vir Ouboet om saam met hom te gaan ry.

 

Oupa het so half onduidelik gepraat. Ek kon nooit lekker uitmaak wat die oubaas sê nie. Ouboet, aan die ander kant, praat nog nie juis nie.  

 

Op ‘n dag kom Ouboet terug van ‘n uitstappie saam met oupa. “Wha-wha-wha-wha… pappa…” praat die mannetjie. Ag, te wonderlik, die kind begin te praat!

 

Na ‘n later uitstappie saam met oupa kom Ouboet terug. “Wha-wha-wha-wha… mamma…”

 

Dis eintlik die lekker ding van ‘n oupa en ‘n ouma. Hulle kan ‘n bydrae lewer tot die opvoeding sonder dat te veel van ‘n probleem hoef te word vir hulle. Vanaand gaan elkeen sy eie rigting, en ouma en oupa hoef nie doeke te doen of te dissiplineer nie. Dis duidelik ‘n wedersyds gunstige reëling hierdie. Oupa hou vir Ouboet onder sy ma se voete uit, en in die proses leer hy ook sommer vinniger praat ook.

 

So kom Ouboet weer terug van ‘n uitstappie af. En sê “Wha-wha-wha-wha… donnig…”

PGJ

www.pgjonker.co.za

2 antwoorde op Ouboet leer praat

  1. TS het gesê op Oktober 28, 2010

    mmmmm gelukkig click ek op die skakel want ek dog jy praat van blogger Ouboet.

  2. LOL! In ons huis kry jy ‘n “swart kol” as jy lelik praat!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.