En so begin menige bakleiery…

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Zeppie reageer op my vorige posting met die opmerking “en so begin menige bakleiery.”

Ek kan nou nie help om aan daai simpel grappie te dink van die ou wat vertel hoe hy in Johannesburg spitsverkeer in ‘n ongeluk beland nie.  Eintlik sy skuld gewees, sê hy.

“Na die botsing klim ek uit my motor uit.  Die ander voertuig se bestuurder klim ook uit.  Ek sien dis ‘n dwergie.  Die dwergie stap om die kar na my kant toe.  Hy skop ‘n paar keer teen sy kar se wiele, maar sy kar bly maar net so stukkend.  Hy skud sy kop.  Dan sê hy vir my ‘I’m not happy’. 

“Ek sê toe vir die dwergie, ‘So if you’re not heppie, who are you then?’  En dis hoe die bakleiery begin het…

Sorrie, simpel grappie, ek kon dit net nie weerstaan nie. 

PGJ

4 antwoorde op En so begin menige bakleiery…

  1. TS het gesê op Oktober 27, 2010

    ja so trap mens soms (met opset) in ‘n ding!

  2. zephur het gesê op Oktober 27, 2010

    Die voordeel wat die dwergie het, is dat sy lengte op ‘n strategiese hoogte is…

  3. lekker lag ek nou , goeie ene ..

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.