Dark Continent My Black Arse

Desember 14, 2008 in Sonder kategorie

Dit is die titel van Sihele Khumalo se boek oor sy reis van Kaapstad Kairo toe. Umuzi het die boek laasjaar uitgegee.

Dit is ‘n uiters leesbare en vir my “entertaining” boek, met vele skerpsinnige opmerkings en beskrywings. Baie beter as Johan Bakkes se selfvoldane stories.

Sihele en met openbare landvervoer gereis.

Ek is ‘n absolute voorstander van die gebruik van openbare vervoer om lande en hulle mense beter te leer ken, en het al lang afstande in ons buurstate afgelê in wat die meeste van julle seker sal noem “k@##&r taxis”, statisties die gevaarlikste vervoermiddel ter wêreld.

Miskien het ek die boek daarom nog meer geniet.

Soos sardientjies ingepak onstaan daar dadelik in elke minibussie ‘n reisigers esprit de core wat mens maar selde tussen vreemdelinge kry.

Uit my eie trippies het ek al die volgende ervaar:

In Nelspruit by die taxi staanplek het hulle dadelik aan my die beste sitplek toegeken, voor langs die drywer se girlfriend. Hulle het my beslis voorgetrek omdat ek wit vel het.

In Maputo terwyl ons in die bussie sit en wag vra ‘n mede reisiger my om hom te help om sy nuwe baie gevorderde Nokia se se musiekfunksies te bemeester. In my pogings om by die regte “menus” en goed uit te kom, lees ek toe maar noodwendig die vorige eienaar se e posse (afrikaanse e posse nog die vorige dag gestuur) waarin hy kla by sy vrou dat sy soos ‘n lyk lê terwyl hulle seks het. Seker ‘n ingenieur wat so e pos aan sy vrou stuur. In die redelike vol bussie in die middel van die bussie terminaal het ek ook nie in argumente betrokke geraak oor gesteelde selfone nie.

Net voor grensposte het omtrent die helfte van die passasiers dikwels net verdwyn, om dan weer ewe ongemerk kort anderkant die grenspos uit die bosse te voorskyn te kom, en die rit verder te voer.

Ander dag vertel ek dalk meer.

In die slot hoofstuk van sy boek skryf Khumalo:

” I had to accept two facts that had been glaring at me for the entire trip. One, the Boers, much as they treated their dogs better than us Africans, built South Africa’s economy and infrastructure in such a way that nothing in Africa can be compared to it; although it was sad for me as an African to admit it, were it not for the Boers South Africa would not be boasting about Africa’s biggest economy and a world class infrastructure, much as they used black labour to do the hard work.

Two, African leaders, both traditional and political, over a period of time have betrayed their people in a big way.”

10 antwoorde op Dark Continent My Black Arse

  1. Ceara het gesê op Desember 14, 2008

    Baie baie interessant.. ek sal die boek bestel.

    Ek sien baie uit na jou verdere vertellings oor jou eie ervarings. Jou blog is baie interessant.

  2. abrham het gesê op Desember 14, 2008

    jy ken seker sipho se sin wat hy met halstarrig gemaak het.” juffrou, as iemand in die taxi poep, haal ons almal starrig asem!”

  3. Vetjan het gesê op Desember 14, 2008

    Ha, jy moet leer voor sit Abrham! met ‘n oop venster.

  4. abrham het gesê op Desember 14, 2008

    die hondebehandeling klink ongelukkig na bashing vir my.

  5. tronkie het gesê op Desember 14, 2008

    Interessant Petrus – ek het lekker gelag vir die “seker ‘n ingenieur”!!!

  6. Vetjan het gesê op Desember 14, 2008

    Honde bashing? Aanvanklik het ek my ietwat vervies daaroor, maar hy skryf uit sy ervaringsveld, hoe meer ek daaraan gedink het, hoe meer het ek besef hy het tog ‘n punt beet.

  7. Vetjan het gesê op Desember 14, 2008

    Hi Tronkie, 🙂

  8. Vetjan het gesê op Desember 14, 2008

    Lorinda, soos dit my byval sal ek vertel 🙂

  9. Izakdv het gesê op Desember 14, 2008

    Ek het gehoor van die een, sal dit nou moet lees! Dankie. En ook dankie vir al jou vertellings, soos altyd heerlik.
    Mooiloop!

  10. Vetjan het gesê op Desember 16, 2008

    Hallo Izak, dis ‘n goeie lees. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.