Die windpomp

April 19, 2014 in Sonder kategorie

Daar is iets aan ‘n windpomp wat my ontsettend fassineer.Dis ‘n kleintyd assosiasie met lekker kuiers op die plaas.Soggens word mens wakker van die kap-kap-kreun soos die wieke teen die wind beur.Daarmee saam klink die trek-stoot geluid van die die stang,wat dorstig die kosbare water diep uit die donker aarde opslurp en pyplangs in die opgaardammetjie uitspoeg.

Windpompe beteken water,beteken lewe.’n Flenterwindpomp met uit tande,is sekerlik een van die mistroostigste gesigte op aarde.Dit spreek van lewe wat verby is,iets wat was,die verganklikheid van die mensdom…net die mot en roes seëvier!

Kaokoland 599

Gesneuwelde windpomp..met die winde wat verby is…

Kaokoland 603

Skewe tande..gloriedae in die verskiet!

 

_MG_9588

Ek het al hierdie foto geplaas,maar dit bly een van my gunstelinge..rou verlatenheid..op ‘n eensame plaas in Damaraland.Die huis is ‘n ruïne,maar die windpomp werk!Waterbron vir reisigers en Damaras se vee.

22 responses to Die windpomp

  1. Ek sukkel om my windpomp van die ipad, geplaas te kry. Mooi geskryf.

  2. @perdebytjie Hoe kry ek my skryfsel van my notes of e-pos op my blog, asseblief?

  3. Pragtig en besonders soos gewoonlik

    Ek is so bly vir jou inskrywing want dit lyk of die uitdagings hulle glans verloor.

  4. Die ene deur die muur is ‘n kunsfoto. Windpompe kom uit my kinderjare toe ek altyd vir my ouma in die Vrystaat gaan kuier het. Ons het altyd opgeklim tot heelbo en as ons weer lewendig onder gekom het het ons ‘n moerske pakslae gekry

  5. lieflike foto’s – soos gewoonlik. 😀
    sien jy het laaste ene geraam, hy is dit verseker werd

  6. Die skoonheid van eenvoud. Lieflike foto’s.

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.