Nou nie regtig vrugte nie,maar amper…

April 12, 2014 in Sonder kategorie

Ek het die vrugte gepluk van my intense geduld,toe ek hierdie ontwykende prinsie van die woud met my lens vasgevang het!

Die laaste paar weke hoor ek kort-kort vreemde voëlgeluide in die boskasie in ons agterplaas.Soos sommige van julle onthou,het ek verlede jaar breedvoerig geblog oor die Piet-my-vrou-kuiken wat hier uitgebroei het.Vir twee maande lank het ek elke dag rekord gehou en dit was wonderlik om te sien hoe hy grootword en eindelik verander in ‘n pragtige voël.

Nou het hierdie einste woudagtige plek in die agterplaas,weereens ‘n kuiken opgelewer.Hierdie keer ‘n Paradysvlieëvanger.Hulle is nie veronderstel om hier op die oostelike hoëveld voor te kom nie,maar weereens het die mens se verandering van die omgewing ‘n blyplek vir ‘n ongewone gas opgelewer.Ongelukkig kon ek nog geen foto van hulle neem nie,want hulle fladder verskriklik rond en sit byna nooit stil nie.Hulle is trekvoëls en moes eintlik al na ‘n warmer plek verhuis het.Ek vermoed die kleintjie het dalk te laat uitgebroei en nou sorg die ma vir hom.Die mannetjie is lankal vort…nie baie altruïsties en lojaal nie!

Ek plaas ‘n foto van ‘n mannetjie,wat ek op ‘n ander plek afgeneem het.

_65R2711

Hierdie voëltjies is ontsettend besig en sit amper nooit stil nie.

_65R2712

Die wyfie is net so kleurvol soos die mannetjie,maar sy het nie ‘n lang stert nie.

_65R2713

My geduld is beloon,toe hy oop en bloot op ‘n tak gaan sit het.Dit was vinnig skiet,want dit was skaars vir twee sekondes!

 

10 responses to Nou nie regtig vrugte nie,maar amper…

  1. Ag is dit nie pragtig nie!

  2. Beautiful! Ek het jare terug in sa n mannetjie gesien.

  3. Hulle is darem maar pragtig. Jy neem sulke mooi natuurfotos. En soos jy sê jy moet geduld hê. Ons het daardie groen kaapse papegaaie hier maar dis onmoontlik om hulle afte neem want hulle is net so groen soos die blare is is woelig.

  4. dit is omtrent om van op en af te spring van plesier as jy sulke foto’s geneem kry

  5. Hulle is pragtig. Ons het Desember by ‘n wildsplaas naby Nylstroom van hulle gesien.

Leave a reply

You must be logged in to post a comment.