You are browsing the archive for 2014 January.

Hoe op aarde…

January 27, 2014 in Sonder kategorie

Is dit moontlik dat by almal se inskrywings ,’n rapporteerfunksie is,maar nie by die blog se pilverkoper nie?Vanoggend kon ek  die skelm rapporteer,maar nou is hy terug in volle dosissterkte en ons moet net sluk!

Ek haat medisyne,veral as dit in my keel afgedruk word.Moet liewer nie eers die botteltjies oopmaak om daar te lees nie.Dalk is daar nog ‘n skelm truuk om op jou persoonlike goed ook in te kom.

Met pildokters weet mens nooit nie!

G staan vir…..

January 26, 2014 in Sonder kategorie

Groot,Goor,Geweldige Geraas en Gemors!

Ja,ons het uiteindelik die moed en geld bymekaar geskraap om ons gesinskamer op te dollie.Eers moes ons amper veertig jaar se opgaarsels uit die kaste haal en in die spaarkamer pak.Toe is dit meubels wat klein is,uitskuif onder die lapa in,toemaak met plastiekseile en sorg dat dit nie natword nie.Teëls,sement,pleistersand,’n staal skrootbak op die sypaadjie,kruiwaens wat oor die gras gestoot moet word en die gil van ‘n “angle grinder” is van Vrydag af ons gemoedsverstoring.

Hier is drie ouens wat die werk doen.Die mure moet oorgepleister en glad gemaak word en dan moet die vorige kontrakteur se gemors uitgekap word.Nou sien mens hoe is daar verneuk…goedkoop teëlsement,papierdun aangesmeer,het gesorg dat verskeie teëls in die laaste tyd begin opdop het!

Die teler het in die verlede al vir ons verskeie werkies gedoen en hy is werklik ‘n meesterteler.Hy is oorspronklik van Mosambiek en het by sy pa geleer.Hy is so noukeurig,skeppend en hardwerkend.Daar word nie eers gestop vir eet nie.As hy en sy handlangers begin,is dit koppe neer en werk-werk-werk! Dis jong outjies wat ons sagtehand-rekenaar-selfoon-tikkende-vingertjies-jongmense gruwelik in die skande steek.Hulle het gister van agtuur tot halfsewe gewerk en is vanoggend agtuur alweer hier.Jy hoor geen geklets nie en mens kan uurliks vordering sien!

Ek sal julle op hoogte hou.

IMG_1473

Die steiers is hierheen vervoer in ‘n klein Uno.Daardie hele muur is afgeskuur,getjip en gepleister in twee dae!

IMG_1467

Die groot kas,sitkamerbanke en my twee klaviere moes bly,want dis te swaar om uit te dra.Ek het alles toegemaak met seile en hoop maar vir die beste!