You are browsing the archive for 2013 December.

Glas kan….

December 2, 2013 in Sonder kategorie

die wêreld om ons vreeslik ophelder.Dis ‘n item wat ons so as vanselfsprekend aanvaar en soms dink ons nie eers twee keer aan die waarde daarvan nie.As dit nie vir glas was nie,het ons geen vensters gehad nie,net openinge waardeur wind en weer huil.Dink net hoe lekker is dit om water,bier en wyn uit ‘n kristalhelder glas te drink.Om een of ander rede proe genoemde drankies net nie dieselfde uit ‘n blikbeker nie.Verder word ons omring deur mooi skeppings van glas.Die voorbeelde is legio.Ek dink net aan al my mooi slaaibakke,glasornamente,kaggelkakkies en lampe.

Ek plaas twee foto’s om te wys dat glas nie noodwendig gesofistikeerd aangewend hoef te word,om mooi te wees nie.Eerste wêreld vs Derde wêreld!

IMG_6393

Deftige kristalkandelaar in die Nikolayevsky Paleis in St Pietersburg,Rusland

IMG_0777

Gemaak van eenvoudige bierbottels..Audikamp te Maun,Botswana