You are browsing the archive for 2013 September.

Wit en swart.

September 18, 2013 in Sonder kategorie

My bydrae tot die week se uitdaging,is iets wat baie na aan my hart lê…musiek..soos in my eie musiek maak!

Al is noteskrif swart,oftewel kleurloos,is die klanke wat daaruit opgetower kan word, vol emosie en kleur.Toevallig is die klawers waarop die kleurvolle musiek gemaak word,ook swart en wit.

Die tweede ding waaroor ek mal is,is die natuur en hier sluit ek een van my gunsteling diere in,naamlik die hoogsbedreigde Swartwitpens.

_MG_9093

Ek bring ure voor my klavier deur

_MG_9102

Note,note,geheime skrif wat wonderlike klanke optower!

_MG_9094

Wit en swart klawers kan duisende klankkombinasies maak!

212 - Copy

Swart en wit in die natuur..beklemtoon die statuur van hierdie grasieuse bok.

Tina se uitdaging met kleur

September 10, 2013 in Sonder kategorie

Ek plaas sommer ‘n paar foto’s waarvan die kleure vir my mooi is.Onthou om op die foto’s te kliek,vir ‘n nadere kykie.

Loodglasvenster in ‘n toilet in St.Pietersburg,Rusland.

Restaurant,St Pietersburg.

Een van die goudbeslaande geboue in Peterhof,Pieter die Grote se asemrowende ,dekadente landgoed.Die blou en goud maak vir my ‘n treffende kombinasie.

Banier vir Oorwinningsdagvieringe in Rusland.

Dooievlei by Sossusvlei.

Tsondabvallei naby Sossusvlei.Ek hou van die harde kleure saam met die blou van die lug.

Dooievlei.Weereens die blou lug in kontras met die harde aardse kleure.

Ietsie meer mensliks:Namibiese seuntjie met kleurvolle hoedjie.

 

Speel met skadu’s

September 9, 2013 in Sonder kategorie

Wanneer ons skaduwee op ‘n spesifieke tyd op ‘n sekere plek val,is dit die enigste keer dat dit ooit weer so sal lyk.Ons lewens verloop ook so.Al voel elke dag vir jou dieselfde,is niks ooit presies dieselfde nie.Al sit jy elke dag in dieselfde stoel,voor dieselfde rekenaar,is niks dieselfde as die vorige dag nie.Die temperatuur is dalk anders,daar speel ander musiek,jou gedagtegang is anders,

Ek het bietjie met skadu’s gespeel toe ons op wonderlike plekke in Namibie was.

By die orrelpype naby Twyfelfontein.

Ek en my kamera met stoele sigbaar.Sterk skemer op ‘n massiewe rots.Dis die besondere tyd van die dag,waar ‘n mens vir slegs ‘n kort rukkie goue lig kry.

Manlief en sy kamera.Nog voor die goue lig.

Ons klompie.

 

Foto uitdaging:my omgewing

September 6, 2013 in Sonder kategorie

Hoekie in my tuin by die visdam.

Koidammetjie

Ou Geelvis is die baas van die dam.Hy eet altyd uit my hand uit.

Hier is ou Geelvis alweer voor in die koor.Hy is vreeslik vraatsig en vreet amper my vingers af as ek hom voer.

Nuwe varingblare rol soos wieletjies oop.

Hoekie agter koidam.Hierdie een is hoogsomer geneem en die mannetjiebeeldjie is amper toegegroei.

Wilde Irisse.

Amerilla.

 

Dieremaniere

September 4, 2013 in Sonder kategorie

Gemsbokke meet kragte.

Niks is so lekker soos ‘n modderbad in die woestyn nie!

‘n Stofbad sal ook doen,dankie!

Op die maat van Tchaikovsky se Swanemeer,wil ons die dames se aandag trek!

Jong Berghaanmannetjie toets die lugstrome.

Mamma en baba streepmuisies

Net Ek se uitdaging

September 3, 2013 in Sonder kategorie

Vaalboskat wat ek in die Kgalagadi afgeneem het.Hulle is skaars en in sekere gebiede in SA het hulle heeltemal ingeteel met huiskatte.Dus,as jy so ‘n aggressiewe,krapperige,rondloperige huiskat het,wees verseker hy het iewers ‘n vaalboskatfamilielid!

Sonsopkoms by Urikaruus,Kgalagadi

Ons nasionale bok op sy beste!Dis hoekom hy springbok heet.(Kgalagadi)

Jong Bleeksingvalk,pas in vlug,daarom is sy kop nog nie sigbaar nie.Die tweede foto na hy weggetrek het,was die spreekwoordelike”fresh air”!’n Mens moet baie vinnig skiet(av-rapid) en ‘n stabiele kamera handhaaf.