You are browsing the archive for 2013 August.

Ou Vuilbaard bly koning!

August 22, 2013 in Sonder kategorie

Ons was so ‘n maand gelede in die Kgalagadi en het op hierdie parmantige vent afgekom.Hy het heeltyd loop en merk,naderhand na ons voertuig toe gekom en skelm na die dakrak geloer.Dit het gelyk of hy plannetjies het om op te spring en saam te ry.Ander besoekers het vertel dat hy hulle gejaag het.Dis sweerlik een van die bandebytende jongelinge waarvoor ons verlede jaar duin op en duin af moes wegjaag!

Kalaharileeus is nie sommer sulke hierjy-leeus nie.Hulle is GROOT!

Nadat hy klaar gemerk her,bekyk ta die wereld

Aaa!Ek sien lekker rubberbande waaraan ek kan kou!

Nog so ‘n bietjie nader..miskien kan ek opspring en saamry!

Net gou al die blare en gras uit my vuil baard skud!