You are browsing the archive for 2013 April.

Foto’s

April 18, 2013 in Sonder kategorie

Ek plaas ‘n paar foto’s van die troue.Dis seker nou nie wat julle verwag het nie,want die bruid se ma was heeltemal deurmekaar..het voor die tyd foto’s geneem en toe kindjielief aangetrek is,het ek op ‘n onverklaarbare wyse my kamera gaan bêre,sonder om ‘n foto te neem!!!Ek het nie eers die tafels of enige iets anders gekiek nie!

Ek sluit wel foto’s van die rok in,nadat ons dit gewas het.Toe die troue verby is,was die rok ‘n prentjie van modder en verwoesting.Ek het nooit gedink dit sal skoon kom nie,maar my goue huishulp het getoor en siedaar…ek wys die eindproduk!

Al het ek my skoentjies voor die tyd uitgetrap met my dik MooMoo-koei-oefenkouse,was my voete steeds seer en vol blase!Wat mens nie alles sal verduur om mooi te lyk nie!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Oorlede ouma Isa se blou ring,kousbandjie en Ouma Marie se pêrels.

 

 

 

 

 

 

Die rok in die bad!Kyk hoe lyk die water!

 

 

 

 

 

 

 

Van agter af,nadat streng wastegnieke toegepas is!

 

 

 

 

 

 

 

Voorkant…soek nou nog net die lyf binne in die rok..sal later die fotograaf se produk wys!