You are browsing the archive for 2013 March.

Nie vir die grilleriges nie!

March 11, 2013 in Sonder kategorie

Vandat liefste Kwaaitjie Koekoek die pad gevat het,is ek soekend na ‘n nuwe tuinvriendjie.Hy kom saans uit sy skuilplek in die Vaderlandswilg in my agterplaas en sit doodstil teen die muur en wag vir ‘n ongelukkige prooi!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dis voorwaar ‘n pragtige reënspinnekop(Heteropodidae Palystes),maar sekerlik nie almal se voorkeur nie!Hy is maklik so groot soos die palm van my hand en nogal skrikwekkend as hy so stil sit en waggg……!

Besondere uitstappie.Deel3

March 10, 2013 in Sonder kategorie

Op die hitte van die dag rus ons onder ‘n oorhangrots,buite die rivierbedding.Van hier af styg die landskap weer soos wat ons verder van die rivier af beweeg.”Rivier”is hier natuurlik ‘n heel ander begrip as ‘n massa water met boomryke oewers.Die water loop onder die sand en in die reënseisoen kan mens in lelike moeilikheid beland.Dan is daar soms fratsvloede vanweë reën wat nie eers daar naby geval het nie.Jy kan dus onkant gevang word en meegesleur word deur woedende waters!

Skielik kom ons op ‘n baie interessante oornaghut af.Ingewurm onder ‘n krans en met ‘n redelike steil paadjie soontoe,is die binnekant nogal ‘n verrassing.Daar is twee sementvlakke wat soos beddens lyk,waarop jy natuurlik jou slaapsak kan oopgooi,en dan ‘n paar trappe om voorraad op te pak.Geen water,geen ablusie,maak die plek nog meer avontuurlik vir die geharde rowwes!

Ons ry oor ‘n grys vlakte tot op ‘n angswekkende hoogte en daaronder sien ons drie mense wat die woestyn hark!Ek het nou al alles gesien,maar dis wragtag vreemd.By nadere ondersoek sien ons nog ‘n span wat nette sleep en ‘n toesighouer in ‘n bakkie deel ons mee dat dit ‘n rehabilitasiespan is.

Die oulike oornaghut

Die Mad Max fliek ,waarin Charlise Theron gespeel het,is onlangs daar verfilm.Deel van die kontrak was om die omgewing reg te stel.Daar is tans baie ongelukkigheid onder omgewingsbewaarders,oor die skade wat aangerig is.Blykbaar is verskeie sensitiewe plante uitgeruk,deur die netslepery en het die filmmakers buite die aangewese grense beweeg en sodoende honderde trapsuutjies en ander klein diere doodgetrap. Boonop is dit in die nuutgestigte Dorob Nasionale Park.Daar word gevra hoe die Natuurbewaring dit kon toelaat en dit vir ‘n simpel blerrie fliek! Die mensdom is maar gek en geld is sekerlik weer die dryfveer agter hierdie absurditeit!

Binne in die hut

Drie manne hark die woestyn in die middel van die dag met temperatuur van 40º

Hierdie vyf sleep ‘n net heen en weer om spore uit te vee.

Die manne van naby.Hulle was so bly om vir my foto te glimlag,want dit was afwisseling van ‘n vreeslike warm,eentonige werk.

Besondere uitstappie Deel 2

March 6, 2013 in Sonder kategorie

Die landskap daal geleidelik en voor mens jou oë uitvee ry jy in  die diep sand van die Houtrivier.Weerskante verrys reuse kranse,so pragtig ,dat dit die asem wegslaan.

Onder ‘n pragtige ou Kameeldoringboom eet ons ontbyt.Teen die stam is ‘n nota in Duits,wat mense versoek om asseblief nie stompies en gemors daar agter te laat nie.

Verder af in die rivierbedding,word ons verras deur die teenwoordigheid van volstruise,springbokke,koedoes en selfs klipspringers wat van die omliggende hoogtes in die rivierbedding kom wei.Dit voel vreemd om in hierdie bar wêreld diere te sien,veral as ‘n mens gewoond is aan plekke soos die Krugerwildtuin met sy beboste plantegroei.Van kleinsaf maak mens die assosiasie van diere met bosveld en hier is dit half vreemd en uit die koers uit!

Op ‘n stadium beweeg ons in die Kahnrivierbedding in en word weereens verras deur pragtige ruwe rotslandskappe!

Op ‘n wye oop vlakte kom ons af op ‘n eensame klipkruis,’n herinnering aan ‘n tragedie wat in 1985 hier plaasgevind het.Ene Michael se vriende het dit hier geplant,nadat hy in ‘n ongeluk omgekom het.Dis so ‘n eensame en hartseer plek,dat mens eintlik lus voel om te huil,wanneer jy die inskripsie lees!

Later ontspan ons onder ‘n oorhangklip en smul aan die oggend se oorskietkos.Oppad uit die rivierbedding kom ons af op ‘n hele klomp Welwitchias,oeroue plante wat net in die Namib groei.Dis nie mooi plante nie,maar die besondersheid daarvan laat mens sprakeloos.Daar is manlike en vroulike plante en een sekere soort gogga leef in simbiose met hierdie plante.Hulle groei ontsettend stadig en word honderde jare oud.

 

Die Kameeldoringboom waaronder ons ontbyt geëet het.

Die eensame kruis.

 

  

 

      

  

Die Duitse nota teen die Kameeldoringboom.
Die Duitse nota teen die Kameeldoringboom.
In die bedding van die Houtrivier.

 

 

 

 

 

 

 

 

Van die pragtige natuurtonele in die Kahnrivier

Kllipspringerooitjie en-rammetjie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die rare Welwitchia van die Namib.

Die laaste foto is van die vreemde gogga wat op die Welwitchia woon.   

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  

Nogal hartseer

March 2, 2013 in Sonder kategorie

Kwaaitjie Koekoek het uiteindelik die pad gevat.Na byna twee maande se waarneming en honderde foto’s later,voel dit asof my bodem uitgeval het.Dit het net skielik gebeur.Woensdag was hy nog hier en Donderdag net WEG! My hart is skoon seer en ek vang myself kort-kort,dat ek my ore spits vir sy kenmerkende getjirp.Dis in elk geval verstommend,dat hy op die laaste amptelike somersdag vort is!Saam met die swaeltjies wat al begin vergader,sal hy ook noord vlieg en hopelik as pragtige volwasse voël veilig by sy bestemming aankom.

Die Janfrederikke is ook weg.Ek dink hulle is op ‘n welkome vakansie, na die nagmerrieopvoeding van sekerlik hul grootste veelvraat wat hulle ooit grootgemaak het!

Liefste Kwaaitjie,mag jy volgende seisoen veilig, met ‘n mannetjie of vroutjie terugkom en sommer vir die grap ‘n skelm eiertjie in jou pappa- en mammajanfrederikke se nuwe nessie lê!

Met liefde en groot gemis,

Van jou paparaz,wat jou dag en nag so gruwelik agtervolg het.

Ek plaas sy laaste foto.

Hello world!

March 2, 2013 in Sonder kategorie

Welcome to LitNet Blogs. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!