Die Pantanal…’n ongelooflike plek!

August 17, 2014 in Sonder kategorie

http://perdebytjie.wordpress.com/2014/08/17/die-pantanal-n-ongelooflike-plek/

Kinders..

July 7, 2014 in Sonder kategorie

is sulke weerlose onskuldige wesens.Dit gaan die verstand te bowe dat hulle deur die eeue so uitgebuit is en nog steeds word.Ek plaas ‘n paar foto’s om kinderlike onskuld te beklemtoon.

Kindertjies van DeRiet in Damaraland

Kindertjies van DeRiet in Damaraland

Damaraseuntjie

Damaraseuntjie

My eie kleinseuntjie

My eie kleinseuntjie

Mosambiekse babatjie

Mosambiekse babatjie

Geveerdes…Tina se uitdaging

June 3, 2014 in Sonder kategorie

http://perdebytjie.wordpress.com/2014/06/03/geveerdes/

Die windpomp

April 19, 2014 in Sonder kategorie

Daar is iets aan ‘n windpomp wat my ontsettend fassineer.Dis ‘n kleintyd assosiasie met lekker kuiers op die plaas.Soggens word mens wakker van die kap-kap-kreun soos die wieke teen die wind beur.Daarmee saam klink die trek-stoot geluid van die die stang,wat dorstig die kosbare water diep uit die donker aarde opslurp en pyplangs in die opgaardammetjie uitspoeg.

Windpompe beteken water,beteken lewe.’n Flenterwindpomp met uit tande,is sekerlik een van die mistroostigste gesigte op aarde.Dit spreek van lewe wat verby is,iets wat was,die verganklikheid van die mensdom…net die mot en roes seëvier!

Kaokoland 599

Gesneuwelde windpomp..met die winde wat verby is…

Kaokoland 603

Skewe tande..gloriedae in die verskiet!

 

_MG_9588

Ek het al hierdie foto geplaas,maar dit bly een van my gunstelinge..rou verlatenheid..op ‘n eensame plaas in Damaraland.Die huis is ‘n ruïne,maar die windpomp werk!Waterbron vir reisigers en Damaras se vee.

Nou nie regtig vrugte nie,maar amper…

April 12, 2014 in Sonder kategorie

Ek het die vrugte gepluk van my intense geduld,toe ek hierdie ontwykende prinsie van die woud met my lens vasgevang het!

Die laaste paar weke hoor ek kort-kort vreemde voëlgeluide in die boskasie in ons agterplaas.Soos sommige van julle onthou,het ek verlede jaar breedvoerig geblog oor die Piet-my-vrou-kuiken wat hier uitgebroei het.Vir twee maande lank het ek elke dag rekord gehou en dit was wonderlik om te sien hoe hy grootword en eindelik verander in ‘n pragtige voël.

Nou het hierdie einste woudagtige plek in die agterplaas,weereens ‘n kuiken opgelewer.Hierdie keer ‘n Paradysvlieëvanger.Hulle is nie veronderstel om hier op die oostelike hoëveld voor te kom nie,maar weereens het die mens se verandering van die omgewing ‘n blyplek vir ‘n ongewone gas opgelewer.Ongelukkig kon ek nog geen foto van hulle neem nie,want hulle fladder verskriklik rond en sit byna nooit stil nie.Hulle is trekvoëls en moes eintlik al na ‘n warmer plek verhuis het.Ek vermoed die kleintjie het dalk te laat uitgebroei en nou sorg die ma vir hom.Die mannetjie is lankal vort…nie baie altruïsties en lojaal nie!

Ek plaas ‘n foto van ‘n mannetjie,wat ek op ‘n ander plek afgeneem het.

_65R2711

Hierdie voëltjies is ontsettend besig en sit amper nooit stil nie.

_65R2712

Die wyfie is net so kleurvol soos die mannetjie,maar sy het nie ‘n lang stert nie.

_65R2713

My geduld is beloon,toe hy oop en bloot op ‘n tak gaan sit het.Dit was vinnig skiet,want dit was skaars vir twee sekondes!

 

Ons klein mannetjie…

April 8, 2014 in Sonder kategorie

word te vinnig groot.Die knapie is Sondag gedoop en ek plaas ‘n paar foto’s.

IMG_2116

IMG_2119 IMG_2122

Skaduwees

March 19, 2014 in Sonder kategorie

Ek het al hierdie foto’s geplaas,maar vir dié wat dit misgeloop of vergeet het,hier is dit weer.

_MG_4038

Laatmiddag,hoog op die rotse by Mowani,Namibie.

_MG_4039

Manlief en sy driepoot.

_MG_4317

Skaduwees by die orrelpype..Twyfelfontein.

_MG_4055

Ekke..Mowani,in goue lig.Die dwarsskadu’s is seilstoeltjies waarop mens kan sit met ‘n sondonnertjie en die asemrowende sonsondergang aanskou.

Hoe op aarde…

January 27, 2014 in Sonder kategorie

Is dit moontlik dat by almal se inskrywings ,’n rapporteerfunksie is,maar nie by die blog se pilverkoper nie?Vanoggend kon ek  die skelm rapporteer,maar nou is hy terug in volle dosissterkte en ons moet net sluk!

Ek haat medisyne,veral as dit in my keel afgedruk word.Moet liewer nie eers die botteltjies oopmaak om daar te lees nie.Dalk is daar nog ‘n skelm truuk om op jou persoonlike goed ook in te kom.

Met pildokters weet mens nooit nie!

G staan vir…..

January 26, 2014 in Sonder kategorie

Groot,Goor,Geweldige Geraas en Gemors!

Ja,ons het uiteindelik die moed en geld bymekaar geskraap om ons gesinskamer op te dollie.Eers moes ons amper veertig jaar se opgaarsels uit die kaste haal en in die spaarkamer pak.Toe is dit meubels wat klein is,uitskuif onder die lapa in,toemaak met plastiekseile en sorg dat dit nie natword nie.Teëls,sement,pleistersand,’n staal skrootbak op die sypaadjie,kruiwaens wat oor die gras gestoot moet word en die gil van ‘n “angle grinder” is van Vrydag af ons gemoedsverstoring.

Hier is drie ouens wat die werk doen.Die mure moet oorgepleister en glad gemaak word en dan moet die vorige kontrakteur se gemors uitgekap word.Nou sien mens hoe is daar verneuk…goedkoop teëlsement,papierdun aangesmeer,het gesorg dat verskeie teëls in die laaste tyd begin opdop het!

Die teler het in die verlede al vir ons verskeie werkies gedoen en hy is werklik ‘n meesterteler.Hy is oorspronklik van Mosambiek en het by sy pa geleer.Hy is so noukeurig,skeppend en hardwerkend.Daar word nie eers gestop vir eet nie.As hy en sy handlangers begin,is dit koppe neer en werk-werk-werk! Dis jong outjies wat ons sagtehand-rekenaar-selfoon-tikkende-vingertjies-jongmense gruwelik in die skande steek.Hulle het gister van agtuur tot halfsewe gewerk en is vanoggend agtuur alweer hier.Jy hoor geen geklets nie en mens kan uurliks vordering sien!

Ek sal julle op hoogte hou.

IMG_1473

Die steiers is hierheen vervoer in ‘n klein Uno.Daardie hele muur is afgeskuur,getjip en gepleister in twee dae!

IMG_1467

Die groot kas,sitkamerbanke en my twee klaviere moes bly,want dis te swaar om uit te dra.Ek het alles toegemaak met seile en hoop maar vir die beste!

 

Glas kan….

December 2, 2013 in Sonder kategorie

die wêreld om ons vreeslik ophelder.Dis ‘n item wat ons so as vanselfsprekend aanvaar en soms dink ons nie eers twee keer aan die waarde daarvan nie.As dit nie vir glas was nie,het ons geen vensters gehad nie,net openinge waardeur wind en weer huil.Dink net hoe lekker is dit om water,bier en wyn uit ‘n kristalhelder glas te drink.Om een of ander rede proe genoemde drankies net nie dieselfde uit ‘n blikbeker nie.Verder word ons omring deur mooi skeppings van glas.Die voorbeelde is legio.Ek dink net aan al my mooi slaaibakke,glasornamente,kaggelkakkies en lampe.

Ek plaas twee foto’s om te wys dat glas nie noodwendig gesofistikeerd aangewend hoef te word,om mooi te wees nie.Eerste wêreld vs Derde wêreld!

IMG_6393

Deftige kristalkandelaar in die Nikolayevsky Paleis in St Pietersburg,Rusland

IMG_0777

Gemaak van eenvoudige bierbottels..Audikamp te Maun,Botswana