Jy blaai in die argief vir 2014 Mei.

Koebaai,ek waai!

Mei 18, 2014 in Uncategorized

Jammer LitNet,na drie jaar se vreugdevole bloggery,het die uurglas nou uitgeloop!Ek het sak en pak verhuis,want so kon dit nie langer aangaan nie.Dis bitterlik hartseer,want hier is wonderlike vriendskappe gesmee en heerlik gedagtes uitgeruil.

So tussen die advertensies,nogal in vreemde tale en die feit dat kommentare deur ‘n swart gat opgeslurp word,is dit nou tyd om na ‘n vriendeliker plek te verhuis.Ek sal nog hier kom inloer om te sien of dinge verbeter het,maar tans lyk die gras groener anderkant die draad!

Aan almal wat agter bly,ek hoop die vasbyt gaan vrugte afwerp.

Tien dae se droogte

Mei 16, 2014 in Uncategorized

Ek was tien dae van die lug af…die rede…geen internet!Ja,daardie ou foonlyntjie wat skielik net vrek as gevolg van koperdraadinkopies.Dus,ek is nog hier en het nou baie leeswerk om op te vang en miskien nog ‘n skuif na WordPress op aanbeveling van @zephur.Hoop ek kry dit reg!

Ek sien hier is baie winkels wat intussen hier oopgemaak het en sommer in vreemde tale.Gelukkig lyk dit of Naomi die sakie aanspreek.Dankie daarvoor.Ek het nog nie getoets of die kommentaarfunksie werk nie,maar in die ruk wat ek nie hier kon kuier nie,hoop ek daardie probleem is nou opgelos?!