Plaastuingereedskap..

April 5, 2014 in Uncategorized

Ou geroeste greedskap het nog altyd my aandag getrek.Kleintyd was dit so lekker om op die damskrop(wat nog deur ‘n perd getrek is)en die geroeste ploegskare onder die soetdoringboom te speel.Die stoor,met sy witgekalkte klipmure was eweneens vol lieflike geheime..ou stukkende separators(dis nou waarmee room van melk geskei word),draadtange,sae,reuse vurke met lang tande vir opskep van hooi,pikke,byle…ai,ek kon ure daar rondhang en wonder waarvoor alles gebruik word.

Selfs vandag nog,gee my hart so ‘n nostalgiese ruk,by aanskoue van enige plaasgereedskap,oud of nuut,want dit gee my ‘n gevoel van lewe,werskaf om voortbestaan,oorlewing,die mens se vermoë om te skep,om vindingryk te wees,om planne te maak…

Elke stukkie gereedskap vertel ook ‘n storie:Wie het dit gebruik?Wat is daarmee bereik?Is die persoon al oorlede?Hoe het hy gelyk?…ag,en so kan mens maar jou gedagtes laat gaan..dis amper soos wanneer ‘n mens tussen ou grafte rondloop en jou probeer indink in vergange tye.

Verlate op ‘n vlakte in Namibië

_MG_3942

Verroes teen ‘n muur op ‘n Vrystaatse plaas.

 

26 antwoorde op Plaastuingereedskap..

  1. Bruggie het gesê op April 5, 2014

    Ek onthou n hooimied waarop ek as kleuter kon spring. Weet nie waarom grootmense dit toegelaat het nie. (Die hooi vergaan en die diere ly in die winter.)

  2. tina10 het gesê op April 6, 2014

    Pragtige foto’s soos gewoonlik

  3. Lekker herinneringe, pragtige foto’s.

  4. Godiva het gesê op April 6, 2014

    Ek voel net soos jy oor ou plaasgereedskap.

    • perdebytjie het gesê op April 7, 2014

      @ladygodiva Ek is onder andere ook mal oor groot plaashonde..veral Boksers.

      • Godiva het gesê op April 7, 2014

        Yeah right, ek het soortvan ooghare vir Vasco hy is nie te bad vir ‘n Ondier nie. Dit sluit egter die res van sy ras uit hoor..lol 🙂

        (Jy OK? gedink aan jou/julle oor die naweek. Hartseer gebeure slaan mens mos met sulke klein upper-cuts met gereelde tydmaat onder die hart op die mees onverwagse tye. )

  5. Daardie ou oshark en snymasjien, wat ook deur ´n os of perd getrek is, was deel van die implemente wat op die plaas in Smithfield was. Waar is die dae!

  6. Maak regtig mooi foto;s!

  7. vega het gesê op April 7, 2014

    Daardie gereedskap kan ook lang stories vertel

  8. johan het gesê op April 7, 2014

    Gee die vrou ‘n gap. Sy het ook ‘n lewe.delete bietjie rubbish! Easy peasy. Ek sal sweerlik hardloop as iemand my so konstant pla.

  9. Nice! En nice foties ook.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.