‘n Bekertjie se reis.

Maart 30, 2014 in Uncategorized

Spesiaal vir @ladygodiva wat hou van reis en mooi goed.

Iewers in Engeland het iemand agter gekom dat daar ‘n eensame,bruingevlekte,afgeleefde ou Bunnykins-bekertjie ‘n stoksielalleen lewe in ‘n Suid-Afrikaanse vertoonkas slyt.Dadelik is daar planne gesmee om die kraak-oor-outjie se raklewe op te kikker.Na ‘n lang gesoek en baie oorweging,is ‘n splinternuwe jongeling opgespoor.Met vele liefde en versigtigheid,is hy styf toegedraai in ‘n allerfraaie pakkie.Binne in sy magie is daar sommer ook ‘n paar heerlike teesakkies en die lekkerste cappucinokoevertjies weggesteek,met twee sakkies soet kakaopoeiertjies vir ekstra smaak.

Nadat vele hande die pakkie hanteer het,beland hy uiteindelik op die lang vlug na ‘n verre land aan die Suidpunt van Afrika.Weens ‘n tradisionele posstaking,moes hy ‘n week lank in ‘n donker stoorkamer rondlê en wonder of hy ooit weer daglig gaan sien.Gelukkig was dit van korte duur en gretige hande het hom by die toonbank ontvang.

Oopdraai en skeur en nogmaals oopdraai en uiteindelik ‘n geknip met ‘n skêr,ontbloot die fraaiste jongeling, met sy vrolike hasies,nog in een stuk!Die outjie is dadelik ingewy met ‘n heerlike skuimende cappucino,wat sy magie warm laat klop het.Daarna is hy liefderik langs sy horingou nefie,op ‘n ereplekkie weggebêre.

Die tweetjies staan styf teen mekaar en dis asof die ou vergeelde bekertjie sommer weer nuwe lewe gekry het!

_MG_2091

Hasie Kalbassie het ‘n nuwe maatjie gekry.

_MG_2095

Meer as vyftig jaar verskil!

 

32 antwoorde op ‘n Bekertjie se reis.

  1. ‘n Bekoorlike storie, wat net so bekoorlik vertel is!

    • @frandr Dis sulke dingetjies wat die lewe lekker maak.Daardie persoon het my so goed laat voel en ek het die bekertjie met die storie binne-in gebere.Ek hoop dat iemand dit eendag ook sal waardeer en koester.

  2. Dit is ´n mooi verhaaltjie en sulke dinge wat die blog die moeite werd maak. Dankie vir die deel.

  3. Elly het gesê op Maart 30, 2014

    Wat ‘n wonderlike gebaar! Dit is pragtig.

    • @elly Wat dit besonders maak,is dat ek nog nooit die persoon ontmoet het of weet hoe sy lyk nie!

      • Godiva het gesê op Maart 30, 2014

        Jy weet nooit, dalk ontmoet ons nog eendag.
        Soveel van julle gee my eindelose plesier, wens ek kon vir elke liewe blogger iets spesiaal doen.
        Gaan nou van daardie cappacino maak in my Paddington Bear beker, sopas by die huis ingestap.
        Gaan hierdie pos van jou save, dankie hiervoor.

        • @ladygodiva Nou toe nou…sou ek nou kon droom dat ‘n Bokservresende dame so oulik kan wees! 😆

          • Godiva het gesê op Maart 31, 2014

            Ek het deesdae ‘n sawwer plek in my hart vir Handsakvreters vandat jy Vasco aan ons bekend gestel het.

            P.s
            My man dink dit is n mini wonderwerk dat Bunnykins ongedeerd by jou uitgekom het. Vir hom jou pos vertaal en gelees 🙂

          • @ladygodiva e
            Ek is bly Vasco kon die Boksers se reputasie ‘n hupstoot gee daar by jou.
            Jy het die pakkie so goed toegedraai,hy kon nie breek nie!

  4. tina10 het gesê op Maart 30, 2014

    Ag hoe pragtig! Dankie vir die deel

  5. Bleddie po(epol)skantoor…hoe moet enige bekertjie nou voel.

  6. tlr het gesê op Maart 30, 2014

    Ek het so vlugtig gaan lees oor ” Bunnykins”, dis baie interessant.
    En ja, nou kan die nuweling ook sy “reis” voortsit 😉

    • @lines So ‘n rukkie terug was ons tema oor bekers.Toe het ek oor my geel ou bekertjie geblog.Gaan loer daar,dan kry jy die storie.Ek het dit op 22Februarie gepos.Jy kan dit in my argief kry.Ek is te dom met skakels!!

  7. tantekoba het gesê op Maart 30, 2014

    Wat ‘n heerlike verhaal om te deel

  8. Dis net te pragtig en watter beautiful gebaar van die onbekende (sic) uit Engeland
    😀

  9. 🙂 geseënd is beide die afsender en die ontvanger van hierdie kosbare nuwelingsbekertjie . . . ( ek het ook lank terug tuisgemaakte fudge in ‘n blik Engeland toe gestuur en toe tjoklits en Engelse ontbyt-tee in ruil terug ontvang . . . die herinnering bly tasbaar ,,,,, )

  10. Ai hoe lekker warm gevoel van lekkerkry wel nou in my op….

  11. vega het gesê op Maart 31, 2014

    Dis pragtig. My skoonma het vir my Wyseman se Beatrice Potter bekertjie en bakkie gegee, ek hoop ook my kinders sal sit waardeer eendag as hulle dit kry.

  12. vega het gesê op Maart 31, 2014

    O en ek wou byvoeg, die mense op die blogs verstom mens. Ek het ook al ‘n soortgelyke ondervinding gehad.

  13. maryna het gesê op Maart 31, 2014

    Dit is nou regtig baie spesiaal.

Los ’n antwoord vir Henry @kompethenry. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.