Piet,Pieta…

Maart 28, 2014 in Uncategorized

Na ‘n lang lyding is jy uiteindelik Woensdagmiddag sag heen.Ai Piet,dit was verskriklik en jou familie moes dit aanskou.

Ek onthou jou as hierdie gulhartige mens,wat elkeen op jou pad,spesiaal laat voel het.Met jou lekker Namibiese aksent en sêgoed,kon ons vir ure aan jou lippe hang.Wanneer jou vingers oor die kitaarsnare gestryk het en die liedjies met jou mooie stem die atmosfeer vul,kon niemand om jou hartseer of in ‘n slegte bui bly nie.Dis die effék wat jy op mense gehad het.

Ek sien jou nog met die braaitang voor die rooster met sissende vleisies of ‘n vissie op die kole…vol storietjies oor die dinge van die lewe,die allerdaagse dinge wat mens laat lag.Deur jou oë kon jy die eenvoudigste gebeurtenis omskep in ‘n snaaksigheid,wat lagtrane laat rol.

Jou spottery met jou Suidwes-eelt (lekker ronde maag) en hoe jy “ruim skep” by die kosbakke,sal altyd in ons harte deel wees van wie jy was.

Dankie dat jy vir ‘n kort tydjie deel van ons lewens kon wees….ons gaan jou mis ou Pieta!

 

 

16 antwoorde op Piet,Pieta…

  1. tina10 het gesê op Maart 28, 2014

    Jammer om te hoor! *drukkie*

  2. Jammer. ‘n Groot leemte. Sterkte!

  3. ek-myself het gesê op Maart 28, 2014

    Die spore wat mense in ons lewe los….

  4. sulke mooi herinneringe maak mos die lewe dubbel en dwars die moeite werd …

  5. maryna het gesê op Maart 28, 2014

    Ai, ek treur saam vandag, het die storie van Pieta gevolg. Suidwes-eelt? 🙂 Hy sal met deernis voortleef in baie gedagtes. My innige meegevoel Perdebytjie.

  6. Ek si jammer dis so hartseer. Ek het ook ‘n vriendin wat ek nie weet of ek haar ooit weer gaan sien nie, en dis baie swaar.

  7. @charly Ja dis die deel van die lewe waarvan ons almal wegskram.Niks lekker.

  8. Ag hel. Sterkte daar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.