P staan vir…

Maart 5, 2014 in Uncategorized

PAPNAT!

Dis nou al die tweede nag dat ek ru wakker word met water wat in my oor Plons!Ja,ons dak lek soos ‘n sif…toevallig net in ons kamer….Murphy’s Law?

Ons huis het sulke bruin dakbalke en as die water iewers inlek,looP die water teen die balke langs en Plons enige Plek neer.Die gevolg is dat ek ‘n totale aanslag van die elemente oral in my veronderstelde gemaklikste, veiligste area,moet trotseer.

Die badkamer wat ‘n verlenging van die slaaPkamer is,skeP nog ‘n droewiger prentjie.Eerstens gly ek by die deur op die Papnat gladde teëls en vladder rond soos ‘n vlermuis,voordat ek ‘n greeP op die bad se rand kry.Dit red my van gewisse beserings en breuke.Ek vorder ongedeerd tot by die toilet,waar druPPels koue water oP my twee volmane,my heeltemal wakker ruk.

Nou is ek sommer boos.By die wasbak wil ek my glas volmaak om my skok bietjie te verdrink,maar o wee….die glas is vol bruin water wat bokant die wasbak afdruP!Nou sien ek eers dat die hele badkamervloer PaPnat is en dat die enigste droë kol die….. stort is!

Orals staan Potte en Panne en dit lyk of ek ‘n kookkursus aanbied op my kamermat.Natuurlik wil die Snauchies ook nie uitgaan nie en ek het my hande vol om te keer dat hulle iewers ongewenste Pakkies en Plasse los.

Ek is ontsettend dankbaar vir die reën en het hierdie week al tagtig mm uit die reënmeter gegooi!

18 antwoorde op P staan vir…

  1. O wee O nee Dis genoeg om mens se entoesiasme vir enige iets te demp!

  2. En nou is dit nog te nat om reg te maak.Ons het ook ‘n lekplek wat aandag sal moet geniet…
    Gelukkig nie in die slaapkamer nie.

    Baie dankbaar vir die reen, maar die honde gladnie. Gister het die grote en Charlie maar uit verveeldheid in die tuin gaan stap in die stortende reen en toe papnat teruggekom en in die manjies geklim. Nat honde ruik nie baie lekker nie
    🙂

    • tantekoba het gesê op Maart 5, 2014

      @charly
      Nou die aand het ons ook so stewige vlagie reën gekry. Maak die TV kamer se deur oop om die koele lafenis te laat inkom – dis wat Pablo by ons verby glip en sy bal gaan inhaal wat buite in die reën gelê het. En hy PES natword

    • perdebytjie het gesê op Maart 5, 2014

      @charly My twee brakkies laat hulle nie sommer uitgooi nie en ek het vir merrim op heterdaad betrap op die sitkamermat,kort nadat sy buite was!As mens nie saamstap en seker maak hulle loop ‘n draai nie,dan moet jy weet hulle loop NIE ‘n draai nie.

  3. Dirkie het gesê op Maart 5, 2014

    Ag dit was nou lekker papnat storie..

  4. tantekoba het gesê op Maart 5, 2014

    As die sonskyn dan lek hy mos nie…….. 😛
    Helaas moet dit eers reen voordat mens weet daar is enige lekplekke

    • perdebytjie het gesê op April 9, 2014

      @tantekoba Ek het nou eers jou kommentaar opgespoor.Gewoonlik antwoord ek altyd,maar lyk my met hierdie gemors wat die afgelope tyd aangegaan het,het ek nooit jou boodskap gekry nie!Dankie vir die inloer.Ek waardeer dit.

  5. tina10 het gesê op Maart 5, 2014

    Siestog Ek is jammer maar het al te lekker aaan jou P storie gelees.

  6. perdebytjie het gesê op Maart 5, 2014

    @monicahaddad Dis darem lekker gesellig op ‘n bank toegewikkel in ‘n kombers met pannekoek en koffie!

  7. Godiva het gesê op Maart 5, 2014

    Jy sal maar lyk my met ‘n stortkappie op moet slaap..
    Die Ondiertjies het my simpatie. Ek sal ook nie in die koud en nat buite wil gaan piepie nie.

    • perdebytjie het gesê op Maart 5, 2014

      @ladygodiva Jy is kostelik!Ek sien myself al met ‘n stortkappie…totale “passion killer”. 🙄

      • Godiva het gesê op Maart 6, 2014

        Hei ‘n stortkappie in die regte omstandighede kan juis ‘n aphrodisiac wees, hahaha!
        (Verskoon tog maar, ek het al 3 koffies in en dit is nog nie eers 1 uur in die middag nie. )

        • perdebytjie het gesê op Maart 6, 2014

          @ladygodiva Jy is definitief besig om te hallusineer van al die koffie…romantiese stortkappies…Dalk kan mens sulkes ontwerp met jou gunsteling troeteldiere se foto’s daarop.Vir jou een met ‘n bokser wat speel in die sneeu.

          • Godiva het gesê op Maart 6, 2014

            Gaan loer daar op my nuwe inskrywing, spesiaal net vir jou en uber pikant 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.