Bekers…..

Februarie 22, 2014 in Uncategorized

het baie karakter en elkeen vertel ‘n storie.Ek hou van dun bekers wat effens wyer raak na die bekrand toe.Sulke bekers is veral geskik vir tee.Die dikker,kommetjierige bekers,laat koffie en Capucino sommer beter smaak.’n Bekertjie uit my kindertyd is een van my kosbaarste besittings.Hier volg my bydrae:

Prettige bekers wat mens soms aan jou status herinner..pappie die gholfspeler,dikkedensie in die middel en die allesoorheersende baas.

IMG_1557a

Moedersdaggeskenkie,elegante beker(een van my gunstelinge),bekers met dieremotiewe,lank gelede uit noodweer gekoop by Spar op Maun in Botswana.

IMG_1564a

My spesiale bekertjie,wat ek as driejarige present gekry het.Ongelukkig het sy oor al afgebreek en dit lyk of iemand dit met Plybond geplak het.

IMG_1565a

Die bekertjie se voorkant.Onder is die naam Royal Doulton,made in England,”Bunnykins”.Daar is ook ‘n merkie,soos op versamelaarsitems.Ek dink egter die bekertjie is niks werd nie,omdat dit gebreek is.Vir my is dit van onskatbare waarde

 

25 antwoorde op Bekers…..

  1. tina10 het gesê op Februarie 22, 2014

    Ag kyk net hoe lekker!

  2. Daai gefixde oor van die hasiebeker gee sommer baie karakter.

  3. Vind jy nie ook dat koffie in ‘n groot beker is soms flou nie?
    Lief die hasiebekers, hier is 2 sulke bordjies.

  4. Godiva het gesê op Februarie 23, 2014

    Die Garfield beker is kostelik.
    Jou bekertjie is te dierbaar, as jy belangstel kan ek vir jou meer daaroor probeer uitvind.
    Hehehe, ja daardie Spar op Maun, ek onthou goed hoedat sigarette laaaank terug die ekwivalent van R3.00 n pakkie gekos het in Pula.

  5. vega het gesê op Februarie 23, 2014

    Wyseman het ook so hasiebeker en bordjie. Die Beatrix Potter stories lees ek nou weer vir kleinseun.

  6. Ons het ‘n bunnykins poeding bakkie – gekoop toe oudste klein was – daai Royal Doulton goed is nou moer duur!

  7. Elly het gesê op Februarie 23, 2014

    Die bunnykins is pragtig!!

  8. PIXIE het gesê op Februarie 24, 2014

    Die laaste twee is so spesiaal, mens kan so iets nooit weggooi nie!

  9. maryna het gesê op Februarie 24, 2014

    Ek is versot! op daardie spesiale bekertjie van jou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.