Van nou af ….

Februarie 15, 2014 in Uncategorized

is ek kameelperd-ebytjie.

Ek kan nie glo dat ek dit reggekry het om ‘n prentjie te laai nie,dus los ek dit liewer net so.Met al die geskarrel,het ek my perdebyfoto ook verloor tussen my eie foto’s.Aan die anderkant is dit lekker om soms ‘n nuwe blaadjie om te slaan.Dus,hier is ek nou in dubbele sterkte teen die sonlig!

Gelukkig raak mens alles gewoond.Ek hoop Danie @daniec kry ook een of ander tyd sy foto reggedraai.

20 antwoorde op Van nou af ….

  1. Ja, die camel horses is nogal ‘n verandering van die horse fly embleem 🙂 , maar ewenwel ‘n pragtige silhoetfoto van die 2 kameelperde.

    My nek is ook al styf en seer van kopskeefdraai om vir daai Danie Arabier ou in die gesigsveld in te kry…hie, hie, hie

  2. Gaats, ek het nogal besluit om hom net so te los, want iemand het gesê dat hy reg is so. As julle net kan besef hoeveel bloedsweet dit my gekos het om hom daar te kry. Dié een kom van die ipad af, want nie een van die ander wil werk nie. Een of ander dag, sal ek moed bymekaar skraap en probeer reg draai.

  3. @perdbytjie : is die grynslaggende “this side up” outomatiese vuilskottelgoedwasser, so nuut uit die boks uit, nie goed genoeg nie ?

  4. Nice. Pas by jou boonste foto-collage.

  5. tina10 het gesê op Februarie 16, 2014

    Ek stem saam met Kelkie dit pas by jou boonste prente … snaaks ek draai ook elke keer my kop by @daniec

  6. kameelperd-ebytjie dit is oulik, ja nee wat ons sal gewoond raak.

  7. Ek hou van verandering. Dis oulik, kameelperde-bytjie.

  8. Van die kortste tot die langste. Lekker wye spektrum pas by jou blog 😉

  9. Én (skuus Lou) geen gelukwensing dat ek dit reg gekry het om hom reg te plaas én al jul nekprobleme uit te skakel nie. Sug (soos @tina10 ), dit is nou vriende!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.