Vasco-fiasko

Februarie 14, 2014 in Uncategorized

Gisteraand besluit ons om Faan se Trein te gaan kyk.Met onweerswolke wat saampak,besluit ons dat die honde in die huis moet bly.Vasco,wat nou al twee weke hier kuier word in die badkamer toegemaak,met ‘n groot bak water en sy lekker dik matras.Die kleintjies is op hul gewone plek in hul bedjies.

Na ‘n heerlike aandjie uit en met geen druppel reën wat geval het nie,kom ons tuis.In die gang kom ons af op ‘n skokkende toneel.Stukke hout steek onder die badkamerdeur uit! Toe ons oopmaak,bons ‘n baldadige goudbruin dierasie,vrolik by die deur uit,om ons te verwelkom.Die badkamer is besaai met stukke hout en die deur se rou binnegoed gaap vir ons.Vascotjie (grrrrr!) klap sy sweepstert,so swiep-swiep teen my bene en dit lyk of die knaap so pas die Jonkerdiamant op ‘n skinkbord vir my aangebied het!Hemel,sy verwoesting moes ‘n vreeslike lawaai afgegee het en ek kan amper nie glo dat die bure nie gedink het daar is inbrekers by ons besig nie!

Lang storie kort,dit was eintlik ons eie skuld.Ons moes nooit die ou daar toegemaak het nie.Gelukkig gaan hy môre huis toe,met ‘n rekening vir ‘n nuwe deur,gerig aan sy niksvermoedende baas!Ten minste weet ek nou hoe lyk die binnekant van hierdie hol deure,wat moet dien as “beskerming”.

@ladygodiva Boksers is nie net verwoesters van handsakke nie!

IMG_1504a

Die deur se derms is net stukke karton.

IMG_1502a

Vasco se afskeidsgeskenk!

 

28 antwoorde op Vasco-fiasko

  1. tina10 het gesê op Februarie 14, 2014

    Ag my liewe land… kan jy dit nou glo!
    Nou gaan @kompethenry weer vir weke lank vertel hoe dom Boksers is.

  2. Eksuus ek mag seker nie lag nie. Maar julle verstaan nie Vasco wou ook gaan fliek!

  3. ‘n hond so na my hart met ‘n taalvaardigheid: ” om sonder om doeke om te draai so met die deur in die huis te val ” 🙂

  4. Sy niksvermoedende baas sal dalk ‘n spaar-rekening moet open vir die tandarts se rekening ook 😉

  5. Godiva het gesê op Februarie 14, 2014

    Oi vey….. gaan niks se nie behalwe dat ek vrekmoeg is vanaand en yorkshire besig is om wegtespoel. Ons hotelkamer is gelukkig knus en warm 🙂

  6. fanjan het gesê op Februarie 14, 2014

    Vasco moes gedink het hy is op `n bootreis om die Kaap en toe eindig dit alles in `n fiasco.

  7. maryna het gesê op Februarie 14, 2014

    Hy het ‘n verwoede poging aangewend om daar uit te kom! Laat weet ons wat sy mense daarvan sê, ek is nogal nuuskierig oor hulle reaksie. @perdebytjie

  8. En so demonstreer dit hoe ons ook soms, nes diere, nie verstaan dat iemand ons eintlik probeer beskerm of ‘n guns doen nie! Hoe was Faan se trein toe?

    • @katrina Jy is so reg! Ek het die fliek baie geniet,maar dis soms half geforseerd kru en die tema is al redelik algemeen…kleindorpse mentaliteit,die dorpsidioot,die engheid van ‘n geslote gemeenskap.Die akteurs en fotografie was puik en ek was heeltyd geboei.Definitief ‘n kyk werd.

  9. Goedige f0k….is dit ‘n hond of ‘n tipe Hiena?

  10. vega het gesê op Februarie 15, 2014

    Liewe aarde, nog nooit in my lewe so iets gesien nie.

  11. Ek sal nou maar nie kommentaar lewer nie, want daar is mense wat kla, dat hulle hul nekke skade aandoen om na my skewe foto te kyk. Lekker naweek!

  12. Dis skade maar kon tog nie help om vir julle te lag nie – WAT het jy nou gedink moet hy tevrede mee wees! 😛

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.