Sondagmiddagslapie

Februarie 9, 2014 in Uncategorized

Gewoonlik slaap ek nie in die middag nie,veral nie op ‘n Sondag nie!Dit maak my vreeslik depressief en my kop voel so dik en ek voel of ek op ‘n ander planeet was as ek wakker word.

Gelukkig deel my viervoete nie my aversie vir uiltjies knip nie!

IMG_1485a

Vasco en Tienkie le lekker oop-kastrol!

IMG_1487a

Op heterdaad betrap!

 

 

22 antwoorde op Sondagmiddagslapie

  1. “Oop kastrol” _ Oulik!

      • Godiva het gesê op Februarie 10, 2014

        Daardie Vasco-handsakvretende-ondier het die mooiste mooi hare. So ‘n warm koper kleur. Gelukkig is jou meubels ook in komplimentere kleure waarby Vasco se strooisels mooi kan inpas..hehe. Die dat my leefarea in natuurlike kleure is, nie omdat ek so baie daarvan hou nie, maar omdat Fatcat se strooisels hare nie dadelik wys nie. Nietemin stofsuig ek elke liewe dag.

        Die klein Tienkie-hond lyk asof sy so lekker vermakerig grin vir die kamera. Ek sê mos altyd diere het ‘n humorsin. Kan nie anders wees as myne die heebie jeebies gang af kry nie, sy raak heeltemal besimpeld soms, dit is so vreksnaaks :))))

        • @ladygodiva Sy vel is so lekker sag,ek kan heeldag daaraan vat.Gelukkig val sy hare nie vreeslik uit nie,maar dis dalk oor ek nie meer naby kan sien nie,dat ek dalk niks opmerk nie!Ek sal wel ‘n verskeurde handsak raaksien! 😆

  2. PIXIE het gesê op Februarie 9, 2014

    AG moeder! Behoorlik uitgepass!

  3. tina10 het gesê op Februarie 10, 2014

    Ag is hulle nie te dierbaar. Ek sien Vasco is ‘n regte banksitter – tuis en gelukkig.

  4. As jy honde in die huis toelaat, moet jy maar die hare ens ens vat.

  5. Dis ‘n hondeding
    🙂
    Charlie het agtergekom hy kan nou self met die trappe af en verkies om bo-op die ou hond in die kombuis te gaan slaap.

  6. Godiva het gesê op Februarie 10, 2014

    Pffft, jammer vir die truppeldoor kommentare. Ek sukkel my dood om kommentaar te los vanoggend, en dit het my 30 min geneem om vanoggend se pos te doen. Ek sukkel ook al die hele naweek om privaat boodskappe te beantwoord, dit weier eenvoudig om deurtegaan.

  7. Weet jy ek kry glad nie die blog blad oop nie, maar toe ek via e-pos op jou ander kommentaar ingaan, kom ek met gemak daar uit en neem toe net die opsie om jou volgende blog te kan lees ….e n hier is ek!!!
    by ons is die bank se kussings ook net soveel lekkerder

  8. Elly het gesê op Februarie 10, 2014

    Ek mis troeteldiere. Het nou niks meer nie, en dit laat ‘n leemte.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.