Nog woorde…

Februarie 5, 2014 in Uncategorized

op Maandag se storie.

Gister ry ek na die motorhawe met die stuk gereedskap wat ek uit my kar se maag gekrap het.So ‘n klein jong borselkop mannetjie kom lek amper my voete soos wat hy verskoning vra.Ek wou snipperig wees,maar kon die outjie se ontsettende verleentheid aanvoel.Met ‘n ghrieserige handdruk pleit hy om vergifnis.Hy is net ‘n vakleerling en duidelik was hierdie ‘n reuse verleentheid vir hom en die diensstasie.Ewe gemoedelik stel ek hom gerus dat dit nie die end van die wêreld is nie.Ek kon sien hoe hy ontspan.Hy het seker ‘n helse slegte dag en nag agter die rug.

Agterna dink ek toe,my kinders het ook sulke foute gemaak en dan was ek net so ontsteld saam met hulle.Hierdie outjie het ook ouers wat net die beste vir hom wil hê.In elk geval,mens leer uit jou foute en die ou wat nog nie ‘n fout gemaak het nie,moet nog gebore word..

IMG_1484

Die gewraakte stuk gereedskap.Ek het gister by die ysterware winkel gesien dat die ding oor die drie-honderd Rand kos!

 

27 antwoorde op Nog woorde…

  1. So leer ons almal uit ons bleddie foute.

  2. Godiva het gesê op Februarie 5, 2014

    Jy is n vrou met haar hart, juis omdat jy die situasie van beide kante kan beskou. Almal is iemand se kind wat kan fouteer net soos jou eie. Eind goed alles goed en ek dink hy het ‘n paar belangrikke lesse geleer.

  3. Godiva het gesê op Februarie 5, 2014

    met hart, hoe skryf ek weer so deurmekaar vandag, dink dit is omdat ek bekommerd is oor die mat!

  4. Jy het sy dag gemaak. Wel gedaan

  5. @diedorsbrak Soms moet mens eers ‘n situasie goed opsom voordat jy oorreageer.Dankie vir die inloer!

  6. Baie mooi hanteer! Ja iewers erens het ons almal begin.

  7. tina10 het gesê op Februarie 5, 2014

    hehehehe… ek giggel sommer weer van voor af oor die stomme Vasco wat die avontuur van sy lewe daar by julle het Ek is seker hy gaan ‘n week lank slaap as hy terug kom.

    Dis waar almal maak maar foute

  8. Wow ja nou wat sou ek gesê het want ek sou hom ooknie uitgetrap het nie, nie as hy om verskoning gevra het nie (dit geld vir meeste in my lewe) Ek sou seker gesê het ‘seun ek dink jy het die regte loopbaan gekies’
    🙂

  9. Hy kan baie bly wees dat daar die sleutel nie verloor het nie.

  10. Ni ” ‘n stuk” nie – vier stukke!

    🙂

  11. daai ding lyk nogal of hulle dit redelik dikwels sal gebruik om moeilike plekke by uit te kom. Hy kan bly wees dit het nie met die ry ery uitgeval nie.
    vir iemand wat soos hy sy dankbaarheid wys, het ek altyd ‘n sagte plekkie

  12. maryna het gesê op Februarie 6, 2014

    Dit was nou regtig nice van jou, met die spanning wat hoog loop daar by jou en die Snauchies wat tussendeur gil. Wanneer kom jy bietjie van jou voete af, hoe gaan dit met die toon? Hoop dis darem al beter!

  13. O hene, ek maak al meer en meer sulke foute, party mense is onopleibaar 😉

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.