Strepe en patrone…

Januarie 29, 2014 in Uncategorized

Ek is besig om ‘n berg papiere te versnipper.Aan die begin van elke jaar sorteer ek al my bankstate,mediese vorms en al die ander pampiergeite uit.Ek hou net twee jaar se goed en die res gaan in die oranje sak.My snippermasjientjie is piepklein en na elke tien papiere,gee hy ‘n bloedstollende gil,as sy maag te vol word.Dan moet ek eers die papierderms uitryg en in ‘n ander sak leegmaak.Dit vreet my tyd op en van die vooroor buk,sien ek strepe en patrone voor my oge verbyflits….seker maar bloeddruk en ergerlikheid gekombineerd.

Wou net bietjie rus en die masjientjie ‘n blaaskans gee…gaan nou weer “werk”…sooo vervelig!

IMG_1476

Agterste sak nog vol papier.Voorste ene klaar gesnipper.Moeg masjientjie en snippermandjie met al die krammetjies,wat ek sommer uit die hoekies van die dokumente skeur…het nie nog lus om een van daardie kramtweezertjies te gebruik nie!

25 antwoorde op Strepe en patrone…

  1. Mondi het altyd die sakke hier opgelaai, skielik nie meer nie.
    Dink ek sal maar sensitiiewe inligting verbrand want die snipperaar is verstop,

    • @charly Gelukkig kom ons papiermaatskappy getrou op Donderdae hier verby.

      • Ons woon in een van daardie strate wat toegemaak is deur die buurtwag net na ons huis, en hulle is net te lui om om te draai. Ek en my buurvrou het al verskeie kere gebel maar no luck. En die probleem is as mens die sakke so los dan kom iemand en keer die sak uit om die sak te vat en ek moet die papiere optel.

  2. Godiva het gesê op Januarie 29, 2014

    Lol…ek ken daardie verstoppery baie goed. Gewoonlik gee my snipperaar eers sulke vreemde gilletjies en burps, en dan beweeg die papier al staaaaaaaaadiger voordat dit skeef intrek en opfrommel en een moerse verstopping veroorsaak. Dan is dit afsit, die top afhaal en geduldig daardie papierderms sit en uitryg tussen die snydrade. Ek het so ‘n lang plat plastiek pen bedryf wat ‘n orgidee se stam op sy tyd regop gehou het, wat perfek werk vir papierderms uitryg, dit word permanent in die kantoor gehou in een van die laaie.

  3. is mens nie veranderstel om dokumente vir ‘n langer tyd te bere nie. Dink veral aan goed vir SARS

  4. Papier konstipasie…

    🙂

  5. tina10 het gesê op Januarie 29, 2014

    Mmmmmm jy is baie fluks …Ek kan so opgaar.

  6. Jy kan by my kom inval as jy klaar is. Hier is ‘n berg papiere!

  7. vega het gesê op Januarie 29, 2014

    Ek skeur met die hand deur en weer. Baie vinniger as snippermasjien, dink jy rerig iemand sal probeer kyk na dir? Ek gooi dikwels goeters net in die sak.

  8. Ek het my winkel se papiere wat ek moes hou vir 5jaar aan die brand gesteek, dit was ‘n bevrydende gevoel, soos dit was goed maar nou oor uit en verby. My dogter was vasgebind en met pistool aangehou. Ons het na ‘n paar dae ‘n vuurtjie gemaak en haar klere wat sy aangehad het in die vuur gegooi. Oor uit en verby, Dit werk.

  9. Skoonmaak en weggooi is goed. Ek is net so ongelooflik lui om dit te doen. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.