Carpe ….

Januarie 4, 2014 in Uncategorized

Diem kry nuwe betekenis,wanneer ‘n mens na die natuur kyk.As jy nie vroeg opstaan nie,mis jy daardie eerste goggatjie,wurmpie of hasie vir ontbyt.Die res van die dag is daar nie tyd vir leeglê nie,want jy kan self iemand anders se maaltyd word.Op die hitte van die dag sit jy hopelik iewers onder of in ‘n boom,met jou waaksaamheid wat nooit mag verslap nie.

Natuurlik is jy bedeeld met die regte gereedskap wat aangepas is vir die omstandighede waarin  jy woon, hetsy dit groot tande,skerp naels,kamoefleerjassie,saagtande,skeurtande,spiessnawel of wat ookal is.Jou fisiese bou het alles te doen met jou kanse op oorlewing en die stadige,lomp,gebreklike,siek wese,het in die natuur geen kans op ‘n lang lewe nie.

Met die moderne mediese wetenskap,het die mensdom hierdie deel redelik onder die knie,vandaar ook een van die redes vir die ontsaglike oorbevolking van ‘n kreunende aarde!Natuurlik word alle slegte gene aanmekaar voortgeplant,want die swak gene kry nooit kans om op ‘n natuurlike manier uit te faseer nie.Dit klink sleg in mens-terme,maar dis waar die mens teen die natuur werk en die balans versteur.Ek is steeds dankbaar vir die moderne wetenskap,anders het ek al op tienjarige leeftyd, die ondermaanse met ‘n gebarste blindederm verlaat!

Ek plaas foto’s van ‘n paar noodsaaklike wapentjies om in die natuur te oorleef!

Tande om mee te skeur en te verskeur (foto by manlief gesteel)

_MG_1185c

Naels om mee te vang,te verskeur en oop te skeur.

_MG_1185

Vlerke om mee te vlieg en te vlug.(Swartaasvoel)

 

13 antwoorde op Carpe ….

  1. tina10 het gesê op Januarie 4, 2014

    Sjoe dit maak mens skoon benoud om te besef die mens moet van wapens gebruik maak terwyl diere daarmee gebore word

  2. Dan smelt hulle nog so mooi met hulle omgewing ook saam!

  3. Mense se grootste wapen is ons breins, maar dit lyk soms of regerings dit reglry om dit ook af te breek met die huidige onderwys stelsels.

  4. Nice foties – kort nog net slangtande wat drup vannie gif…

    🙂

  5. Wonderlik is die diereryk.

  6. In die woorde van Terry Pratchett: ‘Carpe Jugulum!’ Gaan vir die nekslagaar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.